Impalila-eiland se grenspos is oop
Die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Frans Kapofi, het vanoggend die grenspos van Impalila-eiland met Botswana oop verklaar.
Verskeie toerisme-organisasies het verlede week ’n beroep op die regering gedoen om die grenspos met Botswana oop te maak.
“Die versoek was om veral oorgrensdienste by die Kasane-grenspos in werking te stel, want deur die vloede is die meeste paaie onbegaanbaar. Sowat 3 000 mense in die Zambezistreek sal hul inkopies by Kasane in Botswana moet doen,” het die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsverniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold gesê.
“Dit is weens humanitarêre redes dat die oorgrensdienste beskikbaar moet wees.”
Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie