Impulsiewe BEE sal nie slaag
Impulsiewe BEE sal nie slaag

Impulsiewe BEE sal nie slaag

Mandy Rittmann
LANDROT VAN WINDHOEK SKRYF:

Agbare Minister B. Esau

Ek lees in die Republikein van 19 Februarie 2018 dat u nog harder sal probeer om Namibiese eienaarskap van die bedryf te bevorder. So iets is altyd goeie nuus op voorwaarde dat dit nie sal lei tot swak en korrupte bestuur nie.

Wat visvangkonsessies betref wat aan sogenaamde minderbevoorregtes gegee word: Gee u dit gratis aan hulle? Kry byvoorbeeld oorlogveterane nie reeds ’n leefbare pensioen en ander voordele van die regering nie? Indien so, wat is u rasioneel om aan hulle konsessies ook te gee? Hulle was tog "landrotte" en nie vissermanne nie.

Verder verneem ek dat sommige konsessiehouers hulle konsessies verkoop of verhuur aan regte vissermanne. Kom dit nie neer op misbruik nie?

Nee wat, geagte minister, ons medelandsburgers verwag beter etiese optrede van u, want dit is ook ’n ander gedaante van korrupsie. BEE kan so maklik slegs ’n klein groepie mense bevoordeel en die res kan u dan beskuldig van diskriminasie en die Ombudsman op u kop kry?

Eienaarskap en deelname in die visbedryf behoort aan visbedryfkenners gegee te word en “nie-verhandelbaar” gemaak te word. Dit sal korrupte aktiwiteite inkort.

Enige bemagtiging (BEE) in ons land behoort met verantwoordelik gepaard te gaan, wat teenprestasie verplig. Of gaan dit aan die einde oor ’n geskenk wat uitgemors word op duur voertuie, klere en vakansies?

Lyk my die visbedryf is baie soos ’n boerdery, met swaar en goeie jare wat ervare kundigheid vereis. Impulsiewe BEE kan dit nie bereik nie.

U optrede behoort eenheid en versoening te bevorder tot voorspoed van almal.

Visdiewe van ander lande se bote: Kan u dalk swaarder strawwe oorweeg, asseblief? Dit kan ook u visinspekteurs help betaal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!