In die lêplekvan 'n draak
‘Molestering definieer my nie’
Henriette Lamprecht - Sy wou die waarheid hê oor hoe die hele voorbereidingsproses van die kind (grooming) werklik plaasvind en hoe dit kan gebeur dat die noue kring van enige gesin deur ’n pedofiel binnegedring kan word.
Sy wou ’n dokumentêre rolprent maak, het Lucy Watts besluit, ’n positiewe storie van onderrig en voorkoming soos vertel deur ’n pedofiel en een van sy kinders op ’n pragmatiese manier sonder enige drama.
Lucy is eggenoot, ma, suster, dogter en ook rolprent- en televisievaardiger.
’n Jaar ná haar stiefpa, Dragan Vujicin, se verskyning in die landdroshof op Swakopmund op vier klagte van die molestering van vier meisies, het Lucy die man wat haar glo vir jare tussen die ouderdomme van 2 en 11 gemolesteer het, gevra vir ’n onderhoud op kamera. Wat gevolg het, was ’n uur se beeldmateriaal van absolute eerlikheid en ’n totale ontboeseming van sy kant.
“Hy was so openlik angstig om die geleentheid te gebruik om my te oortuig om my verklaring (ten opsigte van haar klag van molestering) openbaar te maak, dat hy tydens die onderhoud praat van die molestering van die kinders waarop hy onskuldig gepleit het. Hy praat oor hoe die polisie hom nie sal vang nie, hy beskryf in detail wat hy aan ons almal gedoen het, hoe hy dit gedoen het en selfs hoekom.”
Op haar blog, Dragan’s Lair, beskryf Lucy die ontmoeting met haar beweerde molesteerder as ’n “interessante ondervinding”.
“Dit was interessant om as volwassene die uitwerking van daardie voorbereiding op myself te kon waarneem. Ek het ’n konstante, bewustelike stryd met die werklikheid in my kop gehad.”
Die muur waarteen sy haar vasgeloop het in ’n poging om ’n bykomende klagte van molestering van haar kant aanhangig te maak, was egter verpletterend.
“Die gebrek aan inligting en nuus van die polisie het op al my eie onsekerhede ingespeel. Dit het my in ’n donker gat afgestuur nadat hy (Vujicin) probeer het om my op Facebook te bevriend. Ek wat deur sy Facebook-vriende blaai net om hordes baie jong Asiatiese en Afrika-meisies en hordes mans van oral in die wêreld te sien wat hy duidelik aanlyn ontmoet het.”
Sy het besef dis nie waar sy wil wees nie, sê Lucy.
“Ek is volgens my kennis nie ’n bekruiper nie.” Oor haar frustrasie met Vujicin se vervolging, wil sy nie praat of skryf nie.
“Dit voed ’n deel van myself wat ek sou verkies om nie verder te ontwikkel nie, dié van wraaksugtige slagoffer. Die deel wat wil speurder speel en hom in die tronk wil kry omdat hy my ’n onreg aangedoen het. Dit is nie vir my om te doen nie.”
Dit is nie die pad wat sy verkies om te stap nie, beklemtoon Lucy. Sy draai terug op haar oorspronklike pad om ’n dokumentêre rolprent te maak oor die voorbereidingsproses wat pedofiele met hul slagoffers deurloop. Want so kan sy moontlik en hopelik “blinde” ouers en getraumatiseerde jongmense help.
Vujicin, wat nou op borgtog vry is op die vier klagte teen hom, woon in Mondesa saam met sy jong vrou en haar dogtertjie. Lucy het haar stiefpa vir jare nadat hulle verhuis het nie weer gesien nie. In ’n stadium was sy selfs onder die indruk dat hy dood is, maar ’n vriend sou later ’n afskrif van ’n koerantberig stuur wat gewys het Vujicin is op haar ou tuisdorp op klagte van molestering vasgetrek.
“Dit was op hierdie tydstip wat ek uitgevind het hy lewe nog. Ek het binne ’n week daarna besluit om die dokumentêre rolprent te maak.”
Die rolprent fokus onder meer op ’n pedofiel se voorbereiding van sy slagoffer.
“Ek dink nie mense en die samelewing besef daar is ’n baie diep en veelvlakkige proses betrokke wanneer ’n pedofiel op ’n kind fokus nie.”
Volgens Lucy is daar ’n opvatting dat dit net oor seks gaan.
“Vir die pedofiel kan dit wees, ja. Maar vir die kind is dit eintlik die aandag, teenwoordigheid, verhouding en vertroue. Dit is ook oor die uitdrukking van liefde en wat is gepas en wat is nie gepas nie. Om nie eens die chaos te noem wat uitbreek wanneer die ‘verhouding’ eindig nie.”
Ook die kind se versorgers, hetsy dit ’n ouer, tannie, ouma, of vriende is, word geskok wanneer hulle ontdek so iets kan onder hul neuse gebeur sonder dat enige tekens daarvan voorgekom het.
Sy voel dit is tyd om eerlik hieroor te wees en om op te hou preuts en aanmatigend te wees oor wat gebeur en “hoe dit moet wees”, sodat op die werklikheid gefokus en dit met vrug hanteer kan word.
Volgens Lucy is daar drie dinge wat aandag en sorg nodig het om “die baie algemene situasie werklik gesond te maak”. Dit sluit die oortreder, die slagoffer en die versorgers in. Huidig word net op die slagoffer gefokus.
“Solank as wat ons die oortreder demoniseer en die versorgers ignoreer, gaan ons nie in staat wees om te keer dat dit gebeur nie en hoe meer maak ons dit een van daardie dinge wat in die skaduwees onder die veiligheid van die diepste taboe gebeur.”
Oor haar onderhoud met Vujicin sê Lucy sy was baie bewus van wat sy wou doen en hoe sy dit sou bereik.
“Ek het geweet ek gaan die kans vat en hom vra. Op ’n manier het ek ook geweet hy sou gewillig wees om dit te doen, inteendeel, ek het nooit daaraan getwyfel nie, maar ek kon nie verduidelik waarom nie.”
Mense sê dikwels dit moet vir haar “louterend” wees om die rolprent te maak.
“Die waarheid is dat ek my ‘werk’ gedoen het en dit alles ’n lang tyd gelede laat gaan het. Dit was ’n baie bewustelike besluit as ’n jong vrou dat ek nie gaan toelaat dat hierdie ervaring my definieer nie.”
Jare later, met haar besluit om die rolprent te maak en nadat sy die eerste onderhoud met Vujicin gevoer het, het sy gevoel dit was ’n “punt, die einde van iets”.
Oor die volgende maande het sy egter die ironie daarvan besef dat dit eintlik die einde van “deel 1 van my lewe is”.
“My lewe is nou in die proses van ‘herleiding’, ek gaan net saam met dit omdat dit reg voel. Nou sien ek nie die horison nie, maar ironies blyk dit nou te wees oor die onderrig oor en blootlegging van ’n onderwerp wat in donkerte gehul is.”
Volgens Lucy is voorbereiding ’n noukeurige proses waartydens die kind se vertroue gewen word en ’n vlak van isolering van die versorgers ontstaan met ’n verskuiwing van bondgenootskap met die pedofiel.
Dit word met noukeurige aandag aan detail gedoen en ’n platform geskep waar die pedofiel die naaste aan en die belangrikste persoon vir die kind is. Hy betrek egter ook die versorgers deurdat hy sy gedrag teenoor die kind vir hulle as “normaal” voorhou wat die gevaarligte kan laat flikker. Die pedofiel skaar hom dus by die versorgers as iemand wat toegewyd is tot die kind en dié se beste belange op die hart dra.
“Hy verlig die versorgers se las en verantwoordelikheid en natuurlik wen hy hul absolute vertroue.”
Oor Lucy die rolprentmaker sê sy dit is iets wat “net gebeur het”. Sy was vir ’n lang tyd ’n vervaardiger van televisie-advertensies, maar haar hart was nie in die advertensiewese nie. Hoe ouer sy geword het, hoe minder het die “gekke en prettige lewe” haar bekoor. Haar kinders het haar byna nooit gesien nie en wanneer hulle bymekaar was, was sy ’n gespanne, oorwerkte ma. Sy het die advertensiewese vaarwel toegeroep en by ’n produksiemaatskappy vir televisie as ’n reeks- en uitvoerende vervaardiger betrokke geraak.
Dit was egter “vervelig en deurspek met politiek en totale fantasie”.
Sy moes ’n groter doel in haar lewe kry en dit het gekom met die koerantuitknipsel. Dragan’s Lair is haar eerste solo-reis. Sy het vir Brad Schaffer betrek, want, sê Lucy, sy is ’n storieverteller. Sy verstaan die inhoud en wat dit moet sê, maar kan nie “die mooi prentjies en musiek” saamvoeg om dit te laat vloei nie.
“Ek kan ook nie wonder oor waar die kamera moet staan wanneer ek met ’n onderhoud besig is nie.”
Sy het geen idee oor die pad vorentoe nie, maar “my deur staan wyd oop”.
Sy het beslis daardie deel van haar kindwees begrawe.
“As vrou het ek oorgegee aan die feit dat ek nie weet wat die toekoms vir my inhou nie. Ek weet egter dat dit voortdurend verander en ek is nie meer bang daarvoor nie.”
Haar man het vir die eerste keer “my werklike vrou” gesien, dink sy.
“Ek was nog altyd onafhanklik, maar hy bewonder die feit dat ek regtig doen wat ek sê ek gaan doen. Ek dink hy is ’n bietjie verras”.
As ’n ma het sy besef sy is háár ma. Sy het ook besef sy is nie regtig “in die oomblik” soos sy wat moet wees nie.
“Selfs met my ervaring kan dieselfde ding ook onder my neus gebeur.” Volgens Lucy het sy ook besef hoe skeef haar riglyne werklik is, daarom is sy “so dankbaar my man is reguit en sterk om myself teen te kan meet”.
Sy beklemtoon die reuseverskil om geografies teenwoordig en “in die kamer” te wees en om “geestelik oplettend” teenwoordig te wees.
“Ouerskap het die tweede teenwoordigheid nodig omdat dit onder dié gebeur wat die naaste aan jou is en wie jy die meeste vertrou.”
Dragan’s Lair word in September op Swakopmund en in Kaapstad in rolprentteaters bekend gestel. Daarna sal die volle rolprent op haar Dragan’s Lair Facebook-blad en op YouTube geplaas word.
“Ek glo dit moet gratis wees om op die lug te verskyn en privaat toeganklik wees. Dit is onwaarskynlik dat die mense wat dit moet sien, in ’n rolprentteater daarna sal gaan kyk. Daar is egter niks om voor bang te wees nie, dit sal selfs tienervriendelik wees. Sou enige televisiestasie dit wil uitsaai, is dit welkom.”
Lucy se reis kan gevolg word op die Facebook-blad Dragan’s Lair en ook Lucy se persoonlike Facebookblad. Vir meer besonderhede oor die vrystelling van Dragan’s Lair, kan Lucy by [email protected]. gekontak word.
Vir kort uittreksels uit Dragan’s Lair, kliek op die volgende skakels. https://www.enca.com/media/video/checkpoint-dragan-part-i.(Waarskuwing: Dit bevat baie onstellende inhoud. Kykers word versoek om diskresie aan die dag te lê).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie