In die voetspore van die legendes
Ramblers sal volgende maand in die Gothia-bekertoernooi meeding.
Andrew Poolman
Die onder 14-sokkerspan van Ramblers vertrek binnekort op 'n toer na Swede waar goeie vertonings 'n speler se lewe in 'n nuwe rigting kan stuur.
Die Windhoekers sal deelneem aan die Gothia-bekertoernooi, waar legendariese figure in die sokkerwêreld as jeugspelers hul vernuf begin uitstal het.
Dit sluit name soos Zlatan Ibrahimovic (Swede, Manchester United), Xabi Alonso (Spanje, Real Madrid, Bayern München), Alan Shearer (Engeland, Newcastle United), Zé Roberto (Brasilië, Bayer Leverkusen, Bayern München), Emmanuel Adebayor (Togo, Arsenal, Tottenham), Andrea Pirlo (Italië, AC Milan, Juventus) en Júlio Baptista (Brasilië, Real Madrid, AS Roma) in, om net enkele van die bekendste voorbeelde te noem.
Dit is geen wonder dat die Gothia-beker as die sport se grootste en mees internasionale jeugtoernooi op die planeet gesien word nie.
Dit word sedert 1975 in Gothen-
burg aangebied.
Laas jaar het 'n ongelooflike 1 761 spanne van tagtig lande die reis aangepak om wedstryde op meer as 100 velde te gaan speel. Dit is bekend dat die Sweedse talentjagters liewer eerstehands die jong spelers se talent wil beoordeel as om op mediaberigte, YouTube-hoogtepunte of ander middelpartye staat te maak.
Vir die toernooi wat op 17 Julie begin, is die Windhoekers saam met twee klubspanne van Swede en een uit Duitsland gegroepeer.
Beamptes van Ramblers is reeds lank aan die werk om geld vir die toer in te samel en het reeds verskeie prettige geleenthede aangebied.
Vrydagaand vanaf sewe-uur word nog so 'n partytjie vir volwassenes by die Gondwana-saal (sjebeen) aangebied waar die tema “70's en 80's” sal wees. Toegang beloop N$250 per persoon en sluit 'n driegangmaaltyd in.
Die toerkoste kom op N$600 000 te staan, selfs ná die goedgunstige bystand van partye soos die Finse ambassade wat visums help bekom het, asook Air Namibia wat afslag op die vliegkaartjies toegestaan het.
Die toer se prominente borge sover is Air Namibia, Nkasa Lupala Tented Lodge, Jackalberry Tented Camp, Sign Shop en Macron Sportswear.
Die spelers se ouers, Hartlief, die Namibië Brouerye, CCS Logistics, Gondwana, African Footprint Tours, Crown Distributors, Ovisume Hunting, Ramblers-sportklub, DJ Garth Williams (DJ Fantasy) en Tiro Tlhabanello het ook reeds waardevolle bydraes gelewer.
Nadat Namibië tevore by die toernooi deur 'n nasionale ouderdomspan verteenwoordig is, is Ramblers baie opgewonde oor die kans om die land se eerste klubspan by die Gothiabeker te word. Hulle is vasberade om die land op en van die speelveld met groot waardigheid te verteenwoordig.
Die Ramblers spelersgroep is Xavier McClune (kaptein), Sven Gunzel, Vetaviza Rutjindo, Dennis Hortsmann, Uaraera Katjimune, Kai Averia, Zander McClune, Owen Loxton, Elia Hamukoto, Filippo Micheletti, Stanten Engelbrecht, Uendjisuvera Katjatenja, Brooklyn Willemse, Ameer Majiet, Jorn Lusse, Uaandjua Karangera, Simpson Nevonga en Shane Schmidt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie