In diep water
In diep water

In diep water

Gerine Hoff
In Maart 2016 het ek ’n “Sê Maar Net” geskryf oor Namibië se benarde watersituasie.

Dis amper presies twee jaar later en die situasie mag dalk nie op die oomblik so sleg wees soos tóé nie, maar ons pyl vinnig weer op ’n krisis af.

En tog het die stadsvaders nog geen waarskuwings uitgereik nie, is daar nie waterbeperkings aangekondig nie en gaan die stad – en die land se mense – nog maar baie sorgeloos voort.

Soos ek toe geskryf het, het die besef dat ons waterbronne beperk is, nog nie by almal ingesink nie. Want waar jy ook al kyk, word water gemors.

Ons het immers nog water elke keer wat ’n kraan oopgedraai word. Tuine word nog natgelei en swembaddens word nog volgetap.

Selfs nie die waterkrisis in die mooie Kaap laat mense bekommerd raak oor water nie, en hoeveel berigte was daar nog nie oor watter sorge boere oor hul landerye het nie.

Ek lees nou die dag ’n berig – hoeka na aanleiding van Kaapstad se krisis – oor watter wêreldstede se drinkwater heeltemal kan opraak.

Windhoek was wel nie op die lys nie, maar dit is waarskynlik eerder ’n kwessie van wanneer en nie óf ons waterbronne gaan opdroog nie.

Kenners meen Kaapstad se waternood is maar een voorbeeld van ’n probleem waaroor deskundiges lankal waarsku. Want ten spyte daarvan dat 70% van die aarde se oppervlak uit water bestaan, is net 3% daarvan vars.

Die nare waarheid is dat meer as ’n miljard mense wêreldwyd nie toegang tot water het nie. En dit lyk nie of die situasie gaan verbeter nie.

Volgens die VN gaan die wêreldwye aanvraag na vars water teen 2030 die aanbod met 40% oorskry te danke aan klimaatverandering (maak nie saak wát Donald Trump daaroor te sê het nie), menslike gedrag en bevolkingsaanwas.

Een stad wat ’n waternood in die gesig staar, is Sao Paulo – een van die wêreld se mees digbevolkte stede. In ’n stadium in 2015 het die stad se 21,7 miljoen inwoners minder as 20 dae se vars water oorgehad.

Nog ’n voorbeeld: ’n Kwart van die wêreld se varswaterreserwes is in Rusland, maar besoedeling uit die Sowjet-era eis nou sy tol, met tussen 35% en 60% van die totale beskikbare drinkwater wat nie veilig is vir menslike gebruik nie. En dan, in Mexikostad is watertekorte niks nuut vir die 21 miljoen inwoners nie, met een in vyf wat net ’n paar ure van die week toegang tot water het.

Van al die stede in die wêreld is Londen nie een waaraan mens dink wanneer dit kom by waternood nie. Maar ten spyte van sy gemiddelde reënvalsyfer van 600 mm per jaar, word 80% van die stad se water uit riviere gepomp en meen die stadsvaders die stad gaan teen 2040 “ernstige tekorte” beleef.

Volgens ’n BBC-berig is ander stede wat waternood in die gesig staar Beijing, Kaïro, Djakarta, Istanboel, Moskou, Tokio, Miami en Bangalore.

As mens so vinnig na dié lys kyk, is daar nie ’n enkele vasteland wat nie op die oomblik of in die nabye toekoms ’n waternood (gaan) beleef nie.

Stof tot nadenke, nè?

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A