In gesprek met Oeskoning Gerhard Engelbrecht
’n Ongelooflike 9,7 ton per hektaar! Dit is hoeveel mielies die 42-jarige Gerhard Engelbrecht vanjaar op sy plaas, Hoba, naby Grootfontein geoes het.
Ronelle Rademeyer - In die landbougemeenskap is die plaas Hoba buite Grootfontein bekend vir sy mielies. Vir ruimtewetenskaplikes en toeriste is die plek van die wêreld se grootste meteoriet.
Vanjaar het hierdie plaas nog ’n onderskeiding behaal. Dit het die 2017 oeskoning opgelewer.
Gerhard Engelbrecht (42), seun van wyle Jan Engelbrecht, se oes van 9,7 ton per hektaar het meegebring dat hy deur die Namibiese Akkerbouraad as die bobaas-mielieprodusent (droëland-verbouing) aangewys is.
Cobus Brand van die plaas Valparaiso het die tweede plek behaal met ’n ewe puik opbrengs van 9,6 ton per hektaar.
Só gesels Gerhard in ’n e-pos onderhoud met Die Boer oor sy boerdery:
1. Hoe lank plant jy al droëland-mielies in die Mieliedriehoek?
Ek het in 2005, op die ouderdom van 30 jaar, hier op ons familieplaas begin boer.
2. Jou pa was die bekende Jan Engelbrecht. Wat is die belangrikste dinge wat jy by hom geleer het?
Hy het my geleer boerdery het, net soos die lewe, daagliks baie uitdagings. Daarom moet ’n mens seker maak jy begin jou dag met ’n positiewe ingesteldheid en ’n tikkie humor.
3. Waaraan skryf jy jou hoë opbrengs hierdie jaar toe? Was dit net die reën?
Ek was die jaar baie geseënd met die hoeveelheid en verspreiding van my reënval. Ek het in totaal 980 mm reën gehad vir die seisoen; 55,5 mm in November, 122,5 mm in Desember, 272 en 315 mm onderskeidelik in Januarie en Februarie en in Maart en April 117 en 98 mm onderskeidelik.
Ek het egter ook ’n baie sterk span agter my, bestaande uit familielede en werkers. My vrou, Louise, my ma, Minnie, en ons kinders, Emma, Mea en Petrus, is my steunpilare. Sonder hulle, en my werkers, sou hierdie hoë opbrengs nie moontlik gewees het nie.
4. Tussen 2013 en 2016 het Namibië drie droë jare beleef. Hoe het dit jou boerderybedryf beïnvloed?
Dit het my gedwing om my boerdery meer kostedoeltreffend te bestuur.
5. Bedryf jy ook ander boerderyvertakkings?
My boerdery bestaan hoofsaaklik uit ’n akkerbou- en beesvertakking. Die akkerbou is verder opgedeel in droëlandmielies en voerproduksie.
6. Hoe voel jy oor GM-mielies?
Volgens my is GMO’s (geneties gemodifiseerde organismes) ’n noodsaaklikheid indien ons in Namibië volhoubaar mielies wil produseer.
7. Hoe sien jy die toekoms van akkerbou in Namibië?
Ons wisselvallige reënval sal altyd ’n uitdaging bly. Ons moet egter ons sterk landboustrukture vir die toekoms beskerm en verder uitbrei, aangesien dit ’n groot bydrae lewer tot ons poging om akkerbou suksesvol in Namibië te bedryf.
8. Wat is jou raad aan mede-mielieboere?
Maak seker jy doen die regte ding op die regte tyd en onthou, ’n mielieboer in Namibië het nie so iets soos ’n Desembervakansie nie – dit is dan planttyd!
9. Wat sal jy graag nog op boerderygebied wil vermag?
Ek sal graag wil seker maak my boerdery is so gestuktureer dat dit kan aanpas by ’n veranderende toekoms.
Oesfees
Die jaarlikse Oesfees, wat met die kroning van die 2017 oeskoning saamval, vind op 19 Augustus by die skougronde op Grootfontein plaas.
Verskeie sprekers sal by die geleentheid optree, onder wie mnr. Johan van den Berg van Santam Agri in Suid-Afrika, wat ’n seisoenale weervoorspelling vir 2017-’18 sal gee.
Die program sluit ook items soos ’n kookdemonstrasie en tuinboupraatjie in en bevat aktiwiteite vir die kinders. Soos gebruiklik, sal Mej. Oesfees ook aangewys word. En soos dit betaam, sal die aand afgesluit word met ’n braai en dans.
Instansies wat graag betrokke wil raak, kan die voorsitter van die Grootfontein Boerevereniging, mnr. Willem Enslin, by [email protected] kontak. Die dag bied die geleentheid vir goeie blootstelling aan borge en gratis uitstalruimte is beskikbaar.
KASSIE
Meer oor Hoba se meteoriet
Meteoriete is hemelliggame wat bestaan uit klip of uit ’n verbinding van nikkel en yster en duisende daarvan stort jaarliks op die aarde neer.
Dit gebeur baie selde dat groter meteoriete die aarde bereik. Baie maal is dit slegs fragmente en nog meer dikwels bereik hulle die aarde as klipreën of as kosmiese stof.
As ’n mens in sterrekundige terme praat, kan die Hoba-meteoriet as ’n spikkeltjie stof uit die ruimte beskou word. Teen ’n aardse skaal gemeet is die 60 ton ruimteklip nie alleen die swaarste nie, maar ook die grootste bekende meteoriet op aarde.
Jacobus Hermanus Brits het die meteoriet ontdek en skryf in sy biografie: “Ek het vanaf 1920 het ek op die plaas Hoba-Wes gebly. Na twee of drie jaar het ek tydens ’n jagtog hierdie merkwaardige klip raakgesien waarvan slegs die boonste gedeelte sigbaar was. Die swart kleur was opsigtelik tussen die oorheersende geelwit kalksteen van die omgewing.
“Ek het die klip met my mes gekrap en opgemerk dat dit blink word. Dus het ek ’n beitel gaan haal, ’n stuk van die klip afgekap en dit na die SWA Company in Grootfontein geneem. Die direkteur het die stuk ondersoek, na die klip op my plaas kom kyk en tot die gevolgtrekking gekom dat dit ’n meteoriet moes wees. Nadat die meteoriet gedeeltelik uitgegrawe was, is sy gewig op bykans 80 ton geskat.”
’n Ondersoek deur die Smithsonian Instituut in die VSA het nagenoeg dieselfde resultate opgelewer as ’n analise wat in 1929 deur die Otavi Minen-und Eisenbahngesellschaft (Omeg) gemaak is. Die Hoba-meteoriet bestaan uit 82,3 persent yster, 16,4 persent nikkel en klein hoeveelhede ander minerale. Dit word geklassifiseer as ’n ataksiet – ’n struktuurlose, redelik skaars en baie digte ystermeteoriet.
Wetenskaplikes kon sy ouderdom taamlik akkuraat op 80 000 jaar bepaal. In verhouding met die ouderdom van die aarde is die meteoriet dus relatief jonk. Niemand weet egter hoe lank hierdie klip deur die ruimte getol het voordat dit op die aarde neergestort het nie. In 1955 is die Hoba-meteoriet tot monument verklaar omdat dit gevaar geloop het om as skroot verkoop te word. Op daardie tydstip het die Suid-Afrikaanse staalfabriek Yskor, tussen 10 pond sterling per ton ysterskroot tot ’n kwartmiljoen pond vir die hele meteoriet aangebied.
(Bron: Ou Fort Museum op Grootfontein)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie