In hierdie stede bly mense die lekkerste
Die opname kyk na die lewensomstandighede in 140 stede wêreldwyd.
Melbourne in Australië en Wene in Oostenryk spook sake reeds vir jare uit op ’n indeks van die Economist Intelligence Unit (EIU), ’n navorsingsinstelling verbonde aan die nuustydskrif The Economist, vir die titel van die stad waar mense die lekkerste bly.
Melbourne het die laaste sewe jaar gewen, maar vanjaar het Wene vir die eerste keer koning gekraai.
Die opname kyk na die lewensomstandighede in 140 stede wêreldwyd.
Wat Wene vanjaar laat wen het, is ’n kleiner risiko van terroristeaanvalle in Europa in vergelyking met vorige jare en die stad se lae misdaadsyfer.
Die stad is gewoonlik boaan Mercer, wat ook jaarliks ’n peiling doen, se internasionale lys van lekkerste plekke om te woon, maar dit is die eerste keer dat die EIU Wene vereer.
Stede word beoordeel in vyf kategorieë: infrastruktuur, bestendigheid, onderwys, gesondheid en kultuur en omgewing.
Wene het 99.1 uit 100 gekry en Melbourne 98.4.
Nog twee Australiese stede is in die top-10: Sydney (5de) en Adelaide (10de). Slegs een ander Europese stad is in die top-10. Dit is Kopenhagen in Denemarke, wat 9de is.
Die ander top-10-stede is Osaka (3) in Japan en Tokio wat saam met Toronto 7de is. Twee ander Kanadese stede is in die top-10: Calgary (4) en Vancouver (6).
Suid-Afrika se buurman, Zimbabwe, het die lys van tien slegste stede gehaal.
Boaan dié lys is Senegal in Dakar. Harare, hoofstad van Zimbabwe, is nommer 5. Ander stede op die lys is Algiers, Tripoli, Karachi en Lagos. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie