In Janu-worry se greep
Dis die een maand waartydens alle Namibiërs saam die dae tot betaaldag aftel - of nie?
Januarie is vir die meeste Namibiërs die langste maand van die jaar ná ’n spandabele feesseisoen vol kos, drank, uitstappies en geskenke. Moet ook nie vergeet van nuwe skoolklere en skryfbehoeftes vir die kinders nie.
Sommige Namibiërs sê egter vir hulle is dit ’n gewone maand soos enige ander maand. Diegene wat die knou voel en die gordel op sy styfste moet intrek, het net hulself daarvoor te blameer, sê hulle.
Elsie Cloete
“As jy weet hoe om met jou geld te werk, sal Januarie nie ’n bekommernis vir jou wees nie. Die dae wat ons ook met verlof gaan, is baie kort en dit is onmoontlik om al jou geld saam met jou bonus in daardie kort tydjie op te gebruik. Vir my is dit net ’n gewone maand. Jy veroorsaak sal self jou bekommernisse.”
Lucia en Luciane Eises
“Vir ons is Januarie glad nie ’n probleem nie, die jaar het positief en rustig begin. Ons sien baie uit na die res van die jaar.”
Hollatjies
“Jy moet net weet hoe jy jou geld Desember spandeer, dan sal daar nie ’n koppyn in Januarie wees nie.”
Rosie de Wee
“Dit is baie anders as wat die mense sê. Vanjaar is dit rustiger, maar net baie warm. Ek het bietjie geldjies gespaar en doen nou eers inkopies. Januarie is vir my 'n lekker maand.”
Elfriede !Nowases
“In die algemeen plaas Januarie nie druk op ons nie. Al wat jy moet doen, is om voor te berei, dan sal alles agtermekaar wees. Voorbereiding is nodig!”
Verens !Garab
“Ek is lief vir Januarie, dit is die enigste maand waarin almal aanvanklik met niks begin, en dit is ’n geldige verskoning, want die mense glo jou ook.”
Fabiola Tsamases
“Dit hang van jou af. Jy moet mos vir Januarie ook beplan en Desember vir jou gedra om die nuwe maand van die nuwe jaar te kan oorleef! Ons moet in Desember reeds vir Januarie opoffer. Leef op jou daaglikse brood, dan sal dit soos al die ander normale maande wees, sit net ’n ekstra ietsie weg.”
Bakkie Angula
“As jy slim speel, sal jy oor niks bekommerd wees nie. Alles hang net van jou af.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie