In 'n japtrap reg
Klagte:
Vir die wat opgewonde is oor die toekenning van die lughawekontrak aan Nexus kom kyk na hulle perseel op Finkenstein en dink weer. Al besig met opruiming vir maande, maar dit was maar deurlopend die standaard.
Reaksie:
Jan Hendrik Engelbrecht, direkteur van Nexus Holding Group skryf:
Nexus is besig met opruimingswerk van die terrein by Finkenstein. Dit sluit store, kantore, dienste, werkswinkels, steiers, boumateriaal, omheinings, ensovoorts in. Die area sal herstel word tot sy oorspronklike toestand.
As gevolg van die groot omvang daarvan, en sekere beperkende faktore soos die ligging en vervoer, neem dit maande en veelvuldige vragte om af te handel. Ons werkgewer, Finkenstein Konstruksie Trust, is bewus van die reëlings.
Ons aanvaar die verantwoordelikheid vir die skoonmaak tot bevrediging van alle belanghebbende partye en heg waarde aan ons reputasie wat ons opgebou het oor 40 jaar in konstruksie.
Ons vra dus die publiek om geduldig te wees met hoe dit nou daar lyk terwyl ons besig is om die laaste items op te ruim. Ons verseker ’n silwerskoon terrein binne die volgende paar weke.
Kontak asb vir Nexus of die Finkenstein Konstruksie Trust vir verdere inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie