In pas met ’n veranderende wêreld
Die hersiene nasionale leerplan moedig ondersoekende, onafhanklike en kritiese denkvaardighede aan.
Die eerste tree vir ’n nuwe staatskool-leerplan is reeds in 2011 met die nasionale onderwyskonferensie gegee, met die infasering daarvan in 2015.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur beantwoord vrae oor die grootste knelpunte wat Jan Publiek oor die nuwe leerplan het.
1. Wat het aanleiding gegee tot die hersiening van die leerplan en die doelwit wat die ministerie hiermee wil bereik?
Leerplanhersiening is ’n vernuwingsproses wat gereeld plaasvind om huidige onderwyspraktyke in die lig van ontluikende nasionale en internasionale ekonomiese neigings aan te pas en te verbeter.
Die oorhoofse doelwit is om in die behoeftes van die Namibiese gemeenskap te voldoen en om in pas met internasionale neigings te wees.
Die hervormings het ook ten doel om ’n bydrae tot Visie 2030 te lewer.
Visie 2030 is gebaseer op die ontwikkeling van ’n geletterde samelewing na ’n kennisgebaseerde samelewing waar kennis voortdurend verkry, opgedateer en gebruik word om lewenskwaliteit te verbeter.
Die hersiening volg op ’n opdrag van die kabinet aan die ministerie om die leerplan op een lyn te bring met die uitdagings en behoeftes van die Namibiese samelewing.
Dit sal behels om:
· die aantal vakke in die junior sekondêre fase te verminder;
· die aantal vakke te vermeerder wat op hoër vlak in die senior sekondêre fase aangebied word;
· leerlinge te ondersteun en die onderrig van lewensvaardighede as vak te verbeter;
· voorsiening te maak vir leerlinge met spesiale behoeftes;
· die leerplan en ondersteuningsmateriaal vir nasionale tale te hersien;
· tegniese en beroepsgerigte vakke weer te implementeer;
· die onderrig van Engels vanaf graad 1 te verbeter; en
· die bevordering en taal in beleidsrigtings vir onderwys te hersien.
2. By watter lande is oor die hersiening en vasstelling van die standaarde gaan kers opsteek?
Sedert die eerste ronde onderwyshervormings, in ’n onafhanklike Namibië, is daar by lande soos Suid-Afrika, Mauritius, Singapoer, Finland, Duitsland en Brittanje gaan aanklop.
Navorsing en ’n vergelykende ontleding is ook op ander lande gedoen om insig oor internasionale neigings te werf.
’n Span van die ministerie van onderwys en in sommige gevalle verteenwoordigers van onder meer hoër onderwys, het as deel van feitesendings Finland, Duitsland, Singapoer en Mauritius besoek om meer inligting oor tegniese vakke in te win.
Die hersiening van die primêre en junior sekondêre fases is gebaseer op plaaslike en streek- navorsingstudies. Dit is gedoen om gepaste uitvoering en vooruitgang in terme van die uitbreiding van kennis en vaardighede te verseker om leerlinge vir die senior sekondêre fase voor te berei.
Sedert 2008 is die preprimêre graad by die formele onderrigstroom geïntegreer.
Preprimêr vorm nou saam met grade 1 tot 3 die junior primêre fase, gevolg deur die senior sekondêre fase wat vanaf graad 4 tot 7 strek. Die junior sekondêre fase sluit graad 8 en 9 in.
Daar is nie meer ’n junior sekondêre sertifikaat nie, maar ’n semi-eksterne eksamen wat nasionaal afgelê en gekoördineer word en word in die verskillende streke gemerk.
Graad 10 is nou die begin van die senior sekondêre fase wat lei tot die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat vir gewone vlak(NSSCO)-vlak kwalifikasie wat aan die einde van graad 11 verwerf word.
Die hersiene leerplan is reeds in 2015 geïmplementeer en het afgeskop met die implementering van die junior primêre fase, gevolg deur die senior primêre fase in 2016, graad 8 in 2017 en graad 9 in 2018.
Laasgenoemde was ook die laaste jaar wat die graad 10 junior sekondêre sertifikaat op ’n voltydse basis in skole aangebied is.
Verlede jaar was graad 10 aan die beurt en vanjaar volg graad 11 wat met die Gewone Vlak eksterne(NSSC)- eksamen afsluit.
Saam met dié graad 11’s is graad 12-leerlinge wat ook hul eksterne eksamen oor die ou leerplan vir die laaste keer sal aflê, om hul NSSC- Gewone Vlak- of NSSC Hoër Vlak-kwalifikasie te behaal.
Volgende jaar is dus die eerste keer wat die NSSC Gevorderde Filiaal (NSSCAS)-vlak aangebied sal word vir leerlinge wat ’n C-simbool in ten minste drie vakke vir hul NSSC Gewone Vlak-kwalifikasie behaal het.
Leerlinge op die NSSCAS-vlak sal drie tot vyf vakke hê met volledige vakinhoud en sleutelkonsepte, om vaardighede vir beter begrip en uitgebreide antwoorde te verbeter.
Die senior sekondêre leerplan se kwalifikasie is volgens die maatstawwe van die Cambridge Internasionale Onderwys (CIE) se leerplan en kwalifikasies.
Die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat vir gewone vlak(NSSCO)-vlak is die maatstaf teen die Internasionale Algemene Sertifikaat vir Sekondêre Onderwys (IGCSE).
Die kwalifikasie van die NSSC Hoër Vlak was die standaardaanwyser vir HIGSCE, maar omdat laasgenoemde nie meer bestaan nie word die Gevorderde Plaasvervanger van Brittanje as maatstaf vir die NSSC Gevorderde Filiaal gebruik.
3. Net een skool per streek sal beroepsgerigte vakke aanbied. Wat gebeur met die res as net een skool leerlinge kan akkommodeer?
Basiese landbou, ontwerp en tegnologie en huishoudkunde word vanaf graad 5 tot 7 aangebied.
Pre-beroepsgerigte vakke word in ongeveer 18 skole oraloor die land aangebied.
Die ministerie, met die ondersteuning van vennote en rolspelers, gaan dit egter uitbrei.
’n Onderwysgraad in dié verband is in 2018 by die Universiteit van Namibië (Unam) ingestel met die eerste studente wat na verwagting in 2022 hul studies sal voltooi.
Tegniese vakke vereis finansiering en infrastruktuur wat gespesialiseerde klaskamers en werkwinkels, materiaal en toerusting insluit.
Die uitbreiding is koste intensief en hang van ’n gesamentlike poging van gemeenskappe en die ministerie af om ’n groter toegang tot tegniese beroepsgerigte vakke te verseker.
4. Waarom mag deeltydse kandidate wat hul graad 10 behaal het nie na skole terugkeer nie en eerder hul studies deeltyds voortsit om graad 12 op die ou leerplan te voltooi, voordat dit volledig uitgefaseer word?
Die nuwe graad 10 en 11 (senior sekondêre fase) is ’n tweejaarkursus wat tot die Senior Sekondêre Sertifikaat vir gewone vlak (NSSCO) lei. Die struktuur van die nuwe leerplan is so opgestel om leerlinge wat die skool verlaat te verminder deur die uittreepunt (die ou graad 10) te verwyder.
Verlede jaar se graad 10-leerlinge was die laaste leerlinge wat die eksterne junior sekondêre sertifikaat (JSC)-eksamens van die ou leerplan afgelê het.
Dit beteken 2018 was die laaste jaar wat die ou leerplan voltyds by skole aangebied is en was verlede jaar die eerste jaar van die implementering van die nuwe graad 10-leerplan (die eerste jaar van ’n hersiene senior sekondêre leerplan wat twee jaar sal duur).
Leerlinge wat graad 10 in 2018 gedruip het en by deeltydse sentrums ingeskryf was, is dus steeds deel van die ou leerplan.
Die leerlinge kan nie vanjaar na graad 11 bevorder word nie, omdat dit die tweede jaar van ’n tweejaarkursus van die nuwe leerplan is waar net 30% van die inhoud van die senior sekondêre leerplan steeds in plek is voor leerlinge met eksterne eksamens begin.
Dit is dus ’n reusegaping in vaardighede en leerlinge kan dit uiters moeilik vind om die gevorderde basiese vaardighede wat reeds vanaf graad 8 ontwikkel is, baas te raak.
5. Wat is die beskikbare opsies vir die betrokke kandidate?
Slegs leerlinge wat in 2018 voltydse graad 10 JSC-kandidate en onsuksesvol was en gevolglik verlede jaar as deeltydse studente ingeskryf was en ’n minimum van 23 punte in ses vakke behaal het, word toegelaat om aansoek vir registrasie by hul onderskeie streekdirekteure vir toelating tot graad 10 se hersiene leerplan vir 2020 te doen.
Individuele kandidate moet by streek- eksamenbeamptes met hul oorspronklike uitslae van 2018 en 2019 aanmeld, waar hul aansoeke op meriete en in die beste belang van die leerling hanteer sal word.
6. Die nuwe stelsel is net van toepassing op kinders van ryk ouers omdat hoër vlak-vakke, wat die voorvereiste is om vir hoë betaalde beroepe soos ingenieurswese te gaan studeer, net by ‘gegoede’ staatskole aangebied word. Die meeste staatskole bied nie hoër vlak-vakke aan nie en dié leerlinge eindig in graad 11 met ’n minderwaardige werk omdat dit al is waarvoor hulle volgens die hersiene leerplan kwalifiseer.
Die aantal skole wat hoër vlak-vakke aanbied het op ’n jaarlikse basis teen ’n baie stadige pas toegeneem, terwyl prestasie op hoër vlak afgeneem het.
Met die instelling van NSSCAS het die verskillende streke skole geïdentifiseer, wat die middelpunt in dié streke sal wees, om hoër kwalifikasies aan te bied.
Skole sal in die verband ondersteun word en sodoende sal toegang tot hoër vlak-vakke geteiken word.
7. Was dit regtig ’n goeie plan om die leerplan te hersien?
Onderrig moet reaktief wees omdat dit kennis en vaardighede vir die toekoms bou, wat gedurig verander en onvoorspelbaar is.
Die land moet voortdurend streef om die doelwitte te behaal wat in onder meer Visie 2030, die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte en die Kontinentale Strategie vir Afrika vervat is en om Afrika in ? toekomstige wêreldreus te verander.
8. Kan die land dit regtig bekostig om in die huidige ekonomiese klimaat jong mense tussen 14 en 15 jaar te hê wat werkloos is of glad nie in diens geneem kan word nie?
Die rede vir die hersiene leerplan is om meer leerlinge te hê wat na die senior sekondêre fase vorder en om herhalings en skoolverlatings te verminder.
Dit beteken daar moet klem op die basis (preprimêr en primêr) geplaas word.
’n Kind begin sy skoolloopbaan op vyfjarige ouderdom met die preprimêre fase, dieselfde jaar waarin die leerling ses jaar oud word.
Enige kind wat nie die preprimêre fase bygewoon het nie, word steeds tot graad 1 toegelaat in die jaar waarin hy of sy sewe word.
Die leerling wat in sy skoolloopbaan nie enige graad hoef te herhaal nie, sal dus 17 of 18 jaar oud in hul graad 11-jaar wees.
Laasgenoemde is die eerste uitgangspunt van basiese onderrig by voltydse formele skole.
Wanneer leerlinge 14 of 15 jaar oud is, is hulle in graad 8 of 9, wat die enigste junior sekondêre fase is, maar nie die einde van hul formele basiese onderrig nie.
9. Sou leerlinge besluit om skool op hierdie ouderdom te verlaat en by die land se werksmag aan te sluit, is die leerplan nie in stryd met die arbeidswet nie en word kinderarbeid aangemoedig?
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het die Nasionale Veilige Skole Raamwerk in 2018 van stapel gestuur, wat elke skool verplig om ’n leerlingvriendelike ruimte te skep, waar ’n leerling kan ontwikkel om sy of haar volle potensiaal te bereik.
Basiese onderrig is tot senior sekondêre vlak uitgebrei en word voltooi met die NSSCO-sertifikaat wat ’n vereiste is om skool te verlaat.
Die bevorderingsbeleid maak daarvoor voorsiening en laat ’n leerling toe wat nie aan die slaagvereistes voldoen het nie, om ’n graad slegs een keer per fase te herhaal.
Die beleid vereis ook intensiewe ondersteuning aan leerlinge. Dit beteken onderrig moet by die behoeftes van die leerling aangepas word. Die leerling moet in staat gestel word om die basiese vaardighede baas te raak eerder as om die skool te verlaat omdat hy of sy nie aan die vereiste slaagvereistes voldoen nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie