In perspektief: Gesprekke oor Noordoewerdam duur voort
Anders as wat in die artikel “Geen regeringsubsidie vir Noordoewerdam” in Maandag se uitgawe berig is, word steeds na alle aspekte, insluitende die finansiering van die projek, ondersoek ingestel.
Sodra die ondersoekfase van die projek ver genoeg gevorder het, sal die finansiering van die dam die nodige aandag geniet as die laaste stap voordat die konstruksiefase gesamentlik deur Suid-Afrika en Namibië goedgekeur word.
In sy voorlegging tydens die jaarlikse Mynbou-ekspo in Windhoek het mnr. Willem Venter, NamWater se hoof van beplanning en waterbronbestuur, benadruk dat gesprekke tussen die Namibiese en Suid-Afrikaanse regerings, asook ander rolspelers voortduur. 'n Lewensvatbaarheidstudie vir die projek sal na verwagting teen 2019 voltooi wees, met konstruksie wat aanbeveel word om al teen 2024 afgehandel te wees.
Mnr. Veston Malango, uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, wou na afloop van die voorlegging weet wie vir hierdie en ander projekte, soos die opgradering van die pompstasie en pyplyn wat water aan Rosh Pinah voorsien, verantwoordelik sal wees.
Venter se antwoord was in die breë gerig op die koste van die verhaling van watervoorsiening en -infrastruktuur vir spesifiek gebruikers – uitgesluit damme, wat huidig gereken word as infrastuktuur van strategiese, nasionale belang. “Die regering subsidieer nie dit nie,” het Venter gesê, met verwysing na watervoorsiening en -infrastruktuur vir grootmaatkliënte. “Die regering subsideer ook nie (watervoorsiening aan) nywerhede nie,” het Venter gesê in konteks van die nasionale beleid oor watervoorsiening. “Die verbruiker van water betaal daarvoor.”
Hy het benadruk dat watervoorsiening nie sonder volhoubare benutting en winsgewende ondernemings moontlik is nie. Die leeftyd van mynbou-operasies speel ook 'n belangrike rol.
Soos in die geval van die Neckartaldam, kan belastinggeld wel vir die oprigting van 'n dam benut word – al word voorsieningskoste van verbruikers verhaal. Private beleggers kan ook bydra in die model van openbare private vennootskappe.
Hoewel die Noordoewer/Vioolsdrif-dam nywerhede soos myne kan ondersteun, is een van die primêre doelwitte ook om bestendige watervoorsiening aan gemeenskappe en bedrywe stroomaf in die Oranjerivier, aan beide kante van die grens, te verseker. Aan die Namibiese kant sluit dit Aussenkehr en Oranjemund in.
Onderhandelinge oor die grens tussen Namibië en Suid-Afrika in die Oranjerivier, wat volgens Namibië in die middel van die rivier moet wees en nie op die noordelike oewer nie, maak deel uit van die voortgesette gesprekke tussen belanghebbendes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie