In perspektief: Sterftes weens Covid-19 in Namibië
Met die onlangse aankondiging op een dag van 150 sterftes wat direk of indirek aan die nuwe Corona-virus en sy variante toegeskryf word, het verskeie lesers opnuut vrae oor hierdie data en die chronologie van sterftes gehad.
Ons publiseer hierdie berig en grafika in reaksie hierop.
Tydens die sensus van 2011 is 22 668 sterftes oor ‘n periode van 12 maande in Namibië getel. Dit verteenwoordig ‘n gemiddelde, daaglikse sterftesyfer van 62 persone per dag.
Die sensus het bevind dat net 88% van sterftes formeel by die staat aangemeld was. Binnelandse sake se rekords is dus nie 100% korrek nie.
Teen 2019 het die Wêreldbank die land se sterftesyfer op 54 per dag geskat. Vir die doeleindes van die ontleding, gebruik ons die sensussyfer.
Sterftes weens Covid-19 het tydens die derde golf van verspreiding – net soos die aantal nuwe gevalle – rekordafmetings aangeneem.
Die meeste sterftes op een dag was 59 op Dinsdag 22 Junie 2021 – byna ewe veel as die normale sterftesyfer lank voor die pandemie.
Sou gemiddelde sterftes weens ander oorsake op die dag gelyk aan hierdie gemiddeld gewees het, het daar ‘n geskatte 121 mense op die dag gesterf; dubbeld die syfer uit 2011 of selfs meer, omdat sterftekoerse die afgelope dekade in die algemeen afgeneem het.
Dit verduidelik ook hoekom bestaande infrastruktuur, geriewe en dienste in die land oorweldig is.
Indien “alle” sterftes as deel van ‘n komplot aan die virus toegeskryf word, soos ‘n gewilde mite onder volgelinge van samesweringsteorieë lui, sou dit nie kon gebeur het nie.
Op 28 Junie het die gemiddelde daaglikse sterftes weens Covid-19, gemeet oor sewe dae, ‘n piek van 47 bereik – steeds gelykstaande aan 75% van 2011 se sensusgemiddeld.
Die gemiddeld het teen die afgelope Dinsdag tot 21 sterftes per dag verminder.
Hoewel Namibië tans ‘n afname in nuwe gevalle en die aantal toetse met positiewe uitslae ervaar, kan sterftes in Julie steeds toeneem weens faktore soos die tydsduur van die siekte en vertragings in die rapportering van sterftes, onder meer wanneer ‘n positiewe toetsuitslag postuum bekom moet word.
JULIE SE SYFERS
Die 421 sterftes in die eerste 13 dae van Julie wys die stryd is beslis nog nie gewonne nie.
Die 2011-sensus se sterftesyfers per streek dryf die boodskap tuis.
Drie van die vyf streke in die land wat uit net een gesondheidsdistrik bestaan, is Khomas (Windhoek), Oshana (Oshakati) en Gobabis (Omaheke).
Die sensus se gemiddelde, daaglikse sterftesyfer vir die drie streke was onderskeidelik sewe, vyf en twee.
Tot Dinsdag is op die volgende dae in die distrikte soveel sterftes aan Covid-19 toegeskryf:
WINDHOEK
1 Julie 2021 – 13
3 Julie 2021 – 11
4 Julie 2021 – 14 (dubbeld die sensussyfer)
5 Julie 2021 – 16 (meer as dubbel)
6 Julie 2021 – 11
7 Julie 2021 – 11
9 Julie 2021 – 10
OSHAKATI
2 Julie 2021 – 6
10 Julie 2021 – 4
GOBABIS
1 Julie 2021 – 4 (dubbeld die sensussyfer)
3 Julie 2021 – 5
4 Julie 2021 – 7
5 Julie 2021 – 10 (vyf keer die sensussyfer)
DIE STERFTEKOERS
Tydens die derde golf het Namibië die wêreldwye koers van sterftes ingehaal.
Ons gemiddeld vir die pandemie, sedert die eerste gevalle plaaslik in Maart 2020 aangeteken is, staan nou op 2,1% uit positiewe gevalle teenoor die internasionale 2,2%.
Op die kruine van beide die eerste en tweede golwe, op 26 Augustus 2020 en 30 Desember 2020, was die syfer 0,9%.
Die meeste sterftes per dag tydens die eerste golf was ses en die hoogste gemiddeld 3 sterftes per dag. Vir die tweede golf was die twee syfers onderskeidelik nege en ses.
Op die vorige twee golwe se kruine was die gemiddelde aantal nuwe gevalle per dag onderskeidelik 257 en 480. Op 27 Junie was die syfer 1 827.
Die gemiddelde 47 sterftes per dag laat in Junie verteenwoordig 4,6% van die gemiddelde 1 030 nuwe gevalle wat twee weke voor dit teen 14 Junie daagliks gerapporteer is. Die virus se inkubasieperiode kan tot 14 dae duur.
Soos die verdubbelde nasionale sterftesyfer, kon die sterftekoers uit positiewe gevalle op die derde golf se kruin dus twee keer meer of selfs hoër as die algehele gemiddeld gewees het.
Die siekte is egter nie ‘n doodsvonnis nie – selfs op die geskatte kruin het net vyf uit elke 100 persone gesterf.
In 77% van sterftes het ander ernstige siektes ‘n rol gespeel. Die syfer was voor dit 80%.
Daar is geen bewyse dat immunisering teen Covid-19 vir die toename in sterftes verantwoordelik is nie.
Dusver het net 18 mense wat gesterf het vir seker ‘n eerste dosis entstof ontvang (0,8% van alle sterftes) en net een beide dosisse (0,04%).
‘n Eerste dosis bied nog nie die optimale beskerming nie en talle faktore, soos wanneer iemand die virus opgedoen het, ouderdom, algemene gesondheid en toegang tot behandeling, speel ook ‘n rol.
In die Verenigde Koninkryk kon – weens onderliggende hartprobleme – net ‘n verband tussen 71 sterftes en meer as 46 miljoen inentings gevind word: ‘n koers van 0,00015%, minder as twee uit ‘n miljoen.
Namibië se inentingsveldtog het op 19 Maart begin. Sedertdien is 1 794 bykomende sterftes aan Covid-19 toegeskryf. Uit die syfer verteenwoordig die 18 eerste en een volledige inentings onderskeidelik 1% en 0,06%.
Soos hierbo gesê, kon daar in die sterftes etlike ander bydraende oorsake gewees het.
STREKE EN DISTRIKTE
Ons kaart wys die sterftekoers weens Covid-19, uit totale positiewe gevalle, is in vyf streke meer as die nasionale gemiddeld van 2,1%.
Die Omahekestreek (Gobabis-distrik) se koers is op 4,8% meer as twee keer hoër.
Republikein se rekord van sterftes per distrik, saamgestel uit amptelike verslae, toon bo-gemiddelde sterftekoerse vir die volgende tien distrikte buiten vir Gobabis:
Engela 7%
Keetmanshoop 4%
Okahandja 3,1%
Okakarara 2,9%
Swakopmund 2,8%
Katima Mulilo 2,7%
Rehoboth 2,6%
Oshikuku 2,6%
Mariental 2,5%
Tsumeb 2,4%
STERFTES TUIS
Sedert die begin van die pandemie het 186 mense tuis weens Covid-19 gesterf. Dit sluit in drie voorvalle waarin pasiënte onderweg na die hospitaal beswyk het.
Die meeste van die gevalle, 44, is die afgelope Dinsdag deur gesondheidsowerhede gerapporteer.
Tuissterftes verteenwoordig 8,2% van totale sterftes; dus minder as een uit tien, maar hierdie data is vir lank nie afsonderlik uitgelig in daaglikse aankondigings nie. Sterftes tuis kan dus ‘n groter deel van die totaal uitmaak.
GESLAG
Meer as die helfte van sterftes, 55%, kom voor onder mans en 45% onder vroue.
Die verhouding is dieselfde as in die 2011-sensus se sterftesyfers.
Uit positiewe gevalle van Covid-19 verteenwoordig vroue hierteenoor 53% van die totaal en mans 47%.
OUDERDOM
Van die oorledenes was 57% reeds 60 jaar of ouer en 22% tussen 50 en 59 jaar oud.
Persone in hul veertigerjare verteenwoordig 13% van die totaal en mense in hul 20’s of 30’s 7%. Minder as een uit elke 100 gestorwenes was jonger as 20. Hierdie 15 sterftes sluit vyf babas in.
Data pen die gemiddelde ouderdom van oorledenes op 62 vas.
Die grootste groep was 68 jaar oud.
Die volgende distrikte se gemiddelde sterfte-ouderdom is jonger as 60:
Outjo 55
Eenhana 56
Nyangana 56
Lüderitz 57
Okahao 57
Tsumeb 57
VERWANTE OORSAKE
In die volgende distrikte het meer as 80% van oorledenes aan ander, onderliggende siektes gely wat moontlik tot sterftes bygedra het:
Lüderitz 100%
Nankudu 100%
Okongo 100%
Outjo 100%
Usakos 100%
Okakarara 93%
Omuthiya 90%
Onandjokwe 89%
Karasburg 88%
Tsandi 86%
Omaruru 85%
Swakopmund 82%
Outapi 81%
Windhoek 81%
Data: Versamel en verwerk deur Dani Booysen en Richard Botha

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie