'In stukkies gekap'
'In stukkies gekap'

'In stukkies gekap'

Turkse ondersoekers het intussen meer as nege uur binne die konsulaat deurgebring op soek na inligting.
Drie bronne het aan CNN gesê dat 'n hooggeplaaste offisier in Saoedi-Arabië se ­intelligensiediens, wat ook as 'n lid van ­kroonprins Mohammed bin Salman se binnekring beskou word, teenwoordig was toe die joernalis Jamal Khashoggi in die Saoedi-­Arabiese konsulaat in Istanboel, Turkye, ondervra is.

Dit is egter luidens die berig nie duidelik of dit in opdrag van die kroonprins gedoen is nie, maar die bronne is dit eens dat dit onwaarskynlik is dat Khashoggi ondervra en moontlik vermoor is sonder Bin Salman se medewete.

Khashoggi, 'n Amerikaanse burger en uitgesproke kritikus van die ­Saoedi-Arabiese regering, het op 2 Oktober vermis geraak.

Turkse amptenare sê hulle glo hy is in die konsulaat vermoor – 'n aantyging wat Saoedi-Arabië ten sterkste ontken.

KROONPRINS

'n Turkse bron het Dinsdag aan CNN gesê Khashoggi se ondervraging het skeefgeloop en hy is in die proses dood. Sy lyk is daarna in stukkies gekap.

Pres. Donald Trump van die VSA het Dinsdag getwiet dat Bin Salman hom verseker het hy het geen idee wat van Khashoggi geword het nie.

Soos vroeër berig het Mike Pompeo, Amerika se minister van ­buitelandse sake, Dinsdag Khashoggi se verdwyning in Riaad met die kroonprins ­bespreek.

Turkse ondersoekers het intussen meer as nege uur binne die ­konsulaat deurgebring op soek na inligting oor wat met Khashoggi gebeur het.

Volgens Mevlüt Cavusoglu, Turkye se minister van buitelandse sake, sluit die ondersoek ook die Saoedi-­Arabiese ambassadeur se woning in Istanboel in en amptelike voertuie wat deur die Saoedi-Arabiese konsulaat gebruik word. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!