Inbraak by landdroshof gefnuik
Inbraak by landdroshof gefnuik

Inbraak by landdroshof gefnuik

Tanja Bause
Die polisie het 'n inbreker gewond nadat hy en sy makkers by die landdroshof in Katutura ingebreek het, luidens die Namibiese polisie se misdaadverslag.

Die inbraak het vermoedelik tussen Donderdag en Vrydag plaasgevind. Werknemers het onraad vermoed toe hulle Vrydag vir werk opgedaag het en opgemerk het dat 'n onbekende aantal voetspore na die grensmuur lei en hulle 'n gebreekte glasdeur gevind het.

Die verdagtes het sewe kantoordeure oopgebreek en skootrekenaars en 'n rekenaarskerm gesteel. 'n Mes en 'n ketel is in die gebou se gange gevind.

Die kringtelevisiekameras (CCTV) wys hoe twee verdagtes met balaklawas die terrein binnekom. Die video wys verder hoe hulle die stoele in die gange gebruik om die vensters mee te breek om toegang tot die kantore te verkry.

Polisiebeamptes het na die verdagtes gesoek en het vermoed dat hulle op die hofgebou se dak wegkruip. Hulle kon nie die verdagtes opspoor nie en die polisie het die gebou omsingel. Een van die verdagtes het Sondag tussen 03:00 en 04:00 probeer vlug. Die polisie het skote afgevuur om die 30-jarige verdagte in sy spore te stuit. Hy het egter aanhou hardloop en is raak geskiet en in hegtenis geneem. Hy is in die Katutura-hospitaal onder polisiebewaking opgeneem. Hy was in die besit van twee skootrekenaars.

'n Man wat twee van die gesteelde skootrekenaars gekoop het, is ook in hegtenis geneem. Die polisie het nog twee skootrekenaars in 'n minibus gekry wat op pad na Oshikango was. Drie verdagtes van onderskeidelik 30, 40 en 50 jaar is tot dusver in hegtenis geneem en ses skootrekenaars is teruggevind. Twee van die verdagtes word op 'n klag van huisbraak aangekla en een man van die besit van gesteelde goedere. Die verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!