Inbraak by Pep Stores op Oranjemund
Inbraak by Pep Stores op Oranjemund

Inbraak by Pep Stores op Oranjemund

Francoise Steynberg
Kontant van byna N$40 000, selfone en blou oorpakke is na bewering by die Pep Stores op Oranjemund tydens ‘n inbraak gesteel.

Volgens adj.komm. Crispin Mubebo, koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, het die bestuurder van Pep Stores Maandag ‘n diefstalklag by die Namibiese polisie aanhangig gemaak.

“Die inbraak moes tussen Sondag om 13:45 en Maandag om 07:35 plaasgevind het,” het Mubebo aan Republikein gesê.

“Dit word vermoed dat die verdagte(s) toegang tot die winkel deur die dak gekry het. Die dak is met ‘n onbekende voorwerp oopgesny.”

Volgens Mubebo is die verdagte(s) nog op vrye voet en geen gesteelde items of die geld is nog opgespoor nie.

Hy het maatskappye landwyd gemaan om sekuriteit by hul besighede op te skerp.

Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!