Inbrekers looi Windhoekers
Tanja Bause - Met die feesseisoen op 'n end, het die stadspolisie in 'n mediaverklaring gesê daar was 'n toename in huisbrake in Windhoek.
Veral huise wat in die vakansie sonder toesig was, is geteiken.
In Katutura is daar 23 sake van huisbraak en in Khomasdal 12 sake aangemeld.
Yskaste, oonde, skootrekenaars, selfone, klere, geld en televisiestelle is van die items wat meestal uit huise gesteel is.
“Ons het ook opgemerk dat huise wat naby aan 'n bouperseel geleë is, die meeste deur die diewe geteiken is,” het konst. Fabian Amukwelele, woordvoerder van die stadspolisie, gesê.
Soos vroeër berig, is die lyk van me. Brenda Mouton-Smith Sondag 1 Januarie onder 'n brug in Khomasdal gevind. Sy en haar kêrel het onder die brug gebly en hy is intussen deur die polisie in hegtenis geneem.
Verder is 'n man by die Engen-diensstasie in Academia deur vyf petroljoggies met stokke aangerand nadat hy glo versuim het om vir 'n tenk petrol te betaal. Die voorval het op 30 Desember plaasgevind en die man het 'n saak van aanranding teen die vyf mans aanhangig gemaak.
'n Vrou (28) is glo deur haar kêrel op 1 Januarie verkrag terwyl hy haar met 'n mes gedreig het. Die voorval het naby 7de Laan in Otjomuise in 'n rivierloop plaasgevind. 'n Inwoners het haar hoor gil en tot haar redding gekom. Die man is nog op vrye voet en word deur die polisie gesoek.
Woensdag is 'n 19-jarige vrou glo deur drie mans in 'n rivierloop in Etetewestraat verkrag. Hulle het haar glo daarna na 'n huis toe gesleep en wéér verkrag. Een van die verdagtes is in hegtenis geneem terwyl twee nog deur die polisie gesoek word.
Die stadspolisie versoek die publiek om verdagte mense of optrede aan te meld deur 061 302 302 te skakel, 'n SMS na 4444 te stuur of dit by die naaste polisiekantoor aan te meld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie