Indekse wys verlies aan welvaart verdiep
Namibiese jeug trek veral swaar
Dr. Kobus Laubscher - Sosiale welvaart word op verskillende manier gemeet en dié meting word grootliks verdiskonteer in terme van beleid en aksies. Van die bekendstes maatstawwe is die Bruto Binnelandse Produk (BBP) per kapita, die ekonomiese groeikoers, inflasievlakke, ensovoorts.
Vir Jan Alleman sê dit dikwels nie veel oor wat hy/sy aan die bas voel nie. Sy/haar kosmandjie en bestedinsvermoë word baie keer verrinneweer deur ’n klomp ander faktore.
Die aangaan van skuld om maandeliks uit te kom, die diens van daardie skuld, die behoefte aan spaar en vir baie watnie kan bekostig om anders te kan leef nie, ook ’n groter huis, nuwer motor, kinders se opleiding en so meer.
Vir hierdie doel is ’n sogenaamde sosiale welvaartsindeks ontwikkel. Die indeks ontleed 50 aanwysers wat weer in drie groepe verdeel word, naamlik basiese menseregte, welstand en geleenthede.
Altesaam 128 lande is deel van hierdie analise en aan die lande word punte uit 100 toegeken.
Vervolgens word lande in ewekniegroepe op grond van die per kapita BBP ingedeel vir beter vergelykings.
NAMIBIË
Namibië se punt uit 100, was 62 en die land was 87ste uit die 128 lande. Met ’n per kapita BBP van US$978 was Namibië 74ste uit 128 lande. Botswana se punt is 64,4 en Suid-Afrika s’n 67,3 uit 100 en hulle is onderskeidelik 80ste en 64ste uit die 128 deelnemende lande.
‘n Dieper ontleding van die drie faktore wys op die besondere uitdagings van Namibië in terme van basiese menseregte wat swak vaar – 61,88 uit 100 en 97ste uit 128.
Dit is veral mediese dienslewering en toegang tot sodanige dienste wat Namibië laat sak het tot 123ste uit die 128 lande.
Daar is dus groot uitdagings en mens kan net dink watter verskil verbeterder dienslewering op daardie gebied vir die ekonomie in die geheel kan beteken.
Wat welstand betref, vaar die land gemiddeld met ’n punt van 69,4 uit 100 wat dit 79ste plaas en toegang tot basiese kennis is hier die swak skakel. Wat geleenthede betref, vaar Namibië heel goed – 55ste uit 128.
Persoonlike vryheid en keuse as ’n onderafdeling van geleenthede lê 27ste, maar toegang tot gevorderde opvoeding trek dié af met ’n punt van minder as 23 uit 100 wat Namibië 97ste plaas.
Uit dié evaluerings is daar duidelike aanduidings van waar betekenisvolle verskille kan kom as die beleidsraamwerk en -toepassing aangepas kan word.
JEUG SLEGTER TOE
Die oorhoofse welstandsindeks is vervolgens verder verfyn om die eerste keer ’n jeug welvaartsindeks te produseer. Groot kommer heers oor die jeug, want vir die eerste keer is daar aanduidings dat die jeug slegter daaraan toe kan wees as hulle ouers.
Soortgelyk aan die oorhoofse sosiale welvaartsindeks, meet die jeugindeks ook welstand aan die hand van dieselfde drie groepe.
Uit 154 lande wat deelgeneem het, was Suid-Afrika 79ste, Botswana 81ste en Namibië 83ste. Dit steek sleg af teen die ander lande en dui duidelik op die omvang van die uitdagings.
Namibië se punt is minder as 50 (49,63) uit 100. Die swakste skakel is die 109de plek vir basiese menseregte met toegang tot basiese mediese dienste 140ste. Water en sanitasie as ’n onderafdeling van basiese regte het 89ste uit 154 gehaal.
Wat basiese welstand betref, het Namibië 100ste gekom. Was dit nie vir die 65ste plek vir omgewingskwaliteit nie, was die uitkoms hier veel swakker as gevolg van die feit dat gesondheid 132ste en toegang tot basiese kennis en kommunikasie onderskeidelik 105ste en 104de was.
Wat geleenthede betref, het Namibië die 69ste plek behaal, maar baie swak gevaar in terme van toegang tot gevorderde opleiding – 106de.
Dié indekse dui op die verdieping van welvaartverliese en die onvermoë om op eie stoom spreekwoordelik voor te kom.
Binne elke groep is daar aspekte soos die hoë vlak van moorde, gebrek aan persoonlike veiligheid, ensovoorts wat bykans onoorkomlike uitdagings voor die jeug se voete lê.
Ondersteunende beleid behoort dus begrotings te rig om dié uitdagings te takel, maar met die klem op impak van besteding.
Regerings stop te maklik met prestasiemeting by die evaluering van uitkomste en geen nie genoeg aandag aan die die evaluering van die impak van hulpprogramme nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie