Indiu00eb-jonges neem wraak teen SA
Indiu00eb-jonges neem wraak teen SA

Indië-jonges neem wraak teen SA

Krieket
Johann de Jager - Die Suid-Afrikaanse o.19-krieketspan se spelpeil aan die vooraand van die Wêreldbekertoernooi lyk maar beroerd, terwyl daar boonop groot kommer oor die fiksheid van die kaptein en staatmaker-kolwer Raynard van Tonder is.

Van Tonder is Maandag in 'n oefening deur die bal op die pinkie getref en kon nie gister in Christchurch in die span se eerste oefenwedstryd teen Indië speel nie.

Indië, een van die gunstelinge in dié toernooi, het Suid-Afrika met 189 lopies afgeslag.

Die span se mediawoordvoerder het by navraag op gerugte dat Van Tonder se vinger dalk gebreek is, bloot gesê die besering sal oor die volgende paar dae bestuur en gemonitor word. Dit blyk Van Tonder gaan probeer vasbyt en daarmee speel.

Die Suid-Afrikaners speel môre in nog 'n losmaker teen Australië, voordat hulle die toernooi Sondag in Lincoln teen Kenia begin.

Indië, wat verlede jaar in 'n wegreeks teen Engeland skoonskip gemaak het, het gister 332/8 opgestapel.

Die spannetjie het wraak geneem vir die bloedneus wat hul senior landgenote op Nuweland teen die Proteas gekry het, deur Suid-Afrika vir net 142 uit te knikker.

Ishan Porel (4/23) het Suid-Afrika aan die begin van sy kolfbeurt op 8/2 op die agtervoet gehad.

Die twee hotklou-draaiers Shiva Singh (2/9) en Abhishek Sharma (2/16) het ook seker gemaak die paaltjies bly kantel.

Jean du Plessis se 50 van 82 balle was die beste kolfvertoning deur 'n Suid-Afrikaner.

Vroeër het Aryan Juyal (86) en Himanshu Rana (68) op 61/3 vir Indië vasgeskop met 138 lopies om die vierde paaltjie.

• Vandag se skedule van opwarmwedstryde: Afghanistan tn Namibië; Bangladesj tn Pakistan; Wes-Indië tn Zimbabwe; Nieu-Seeland tn Papoea-Nieu-Guinee. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!