Indië 'n welkome uitdaging vir Eagles
Krieket
Tielman van Lill
Met die T20 Wêreldbeker wat met twaalf maande tot Oktober 2021 in Indië uitgestel is, het die Namibiese Eagles 'n ekstra jaar gekry om hulle vir dié elite geleentheid te slyp.
Namibië, wat op verdienstelike wyse vir dié kompetisie gekwalifiseer het, sal nie weer dieselfde paadjie hoef te herhaal om vir die 2021-byeenkoms aan te meld nie.
Die kampioenskap tussen 16 lande vind vanaf 17 Oktober tot 14 November volgende jaar in Indië plaas, wat berug is vir sy stadige kolfblaaie wat draaibalboulers bevoordeel.
Helaas, Pierre de Bruyn, nasionale hoofafrigter en meesterbrein van die Eagles, sê die kolfblaaie is nie 'n bron van kommer vir die span nie. Die gekanselleerde 2020-toernooi sou in Australië aangebied gewees het, met Namibië wat sy aanslag met drie wedstryde in Tasmanië sou begin.
“Ons sien geweldig uit om in Indië te speel en is opgewonde daaroor. Die kolfblaaie is goed en dit sal tydens die Wêreldbeker in puik toestand wees. Daar is 'n opvatting dat die blaaie daar draai, maar as jy na die jaarlikse 50-beurt Indiese Premierliga (IPL) kyk, sal jy sien die kolfblaaie is vinnig genoeg.
“Gedurende die 2021 T20 Wêreldbeker sal die kolfblaaie vinnig en die buitevelde blitsig wees. Dit is vir my belangrik hoe die span die Indiese omstandighede afgesien van die krieket gaan hanteer. Indië is maar 'n besige plek met heelwat uitdagings om te oorkom.
“Kos is byvoorbeeld een uitdaging, maar ons het die regte groep spelers om die Wêreldbeker in die vreemde toestande te takel. Ek is positief oor ons kanse en Namibië word beslis deur ander lande op die veld gerespekteer.
“Ons het laasjaar goed in Dubai gevaar en die semifinaal uit 14 lande gehaal. In die T20-formaat word ons deur ander lande as 'n gevaarspan beskou. Ons het die regte groep nasionale spelers en dit is my plig om seker te maak dat elkeen oor die volgende jaar met tien tot 15 persent in sy rolle verbeter.
“Ek moet seker maak dat elke speler in sy onderskeie rolle tot die maksimum verbeter. Ons sal teen kompeterende lande soos Afghanistan, Ierland, Nederland en Zimbabwe moet speel om genoeg T20-ondervinding op te doen.
“Ons het nie baie tyd nie, want daar is 'n internasionale eendag-program van die ICC se Wêreldkrieketliga 2 wat ook iewers ingepas moet word.
“Die afgelope naweek se T10-toernooi wat deur WHS Old Boys-krieketklub aangebied is, was 'n fantastiese kleurvolle en suksesvolle byeenkoms en ons moet die klub gelukwens. Dit het krieket met 'n knal teruggebring waar jong seuns die geleentheid gehad het om saam met nasionale spelers ondervinding op te doen.
“Dit was beslis Zane Green se toernooi, want met sy harde werk op en van die veld was sy vermoë fantasties om die vlug van die bal te lees en met die regte tydsberekening te tref. Ek het Zane 'n paar maande gelede as 'n aanvangskolwer geïdentifiseer. Dit is 'n rol wat hom pas en hy geniet dit.
“Ons het nóg kolwers soos Zane wat dieselfde resultate kan lewer; ouens soos Stephen Baard, Niko Davin, Nicol Loftie-Eaton, Craig Williams en Merwe (Gerhard) Erasmus, om 'n paar te noem.
“Merwe was in Dubai die speler van die kampioenskap met sy bydrae as kaptein en algemene veelsydige spel. Uit 14 deelnemende lande is dit 'n betekenisvolle prestasie.
“Die T10 is wel korter as die T20-formaat, maar na my mening is daar nie veel wat verander met 'n T20-wedstryd nie. Daar is nie tyd vir 'n speler om 'n fout te herstel nie en hy moet baie proaktief in sy denkwyse wees om suksesvol te wees.
“Old Boys het beslis 'n standaard en voorbeeld vir die ander klubs gestel en dit hang van hulle af om dieselfde paadjie met 'n T10-toernooi te volg,” het De Bruyn aan Republikein gesê.
'NOG NOOIT SO FIKS GESIEN'
Dr. Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, was die afgelope naweek beïndruk met die krag en fiksheid van die nasionale spelers by Vegkop, waar hyself as oudspeler ook in aksie in die veterane se vertoonwedstryd was.
“Die toernooi was 'n fantastiese vertoonvenster vir krieket in Namibië en het presies gewys wat in ons krieket aangaan. Die kolwers, boulers en veldwerkers het krieket van die hoogste gehalte gespeel. Die fisieke peil van ons nasionale spelers is ongelooflik en die jong seuns wat saam met hulle op die veld was, het baie geleer en ondervinding opgedoen.
“Pierre de Bruyn, ons nasionale hoofafrigter, het die spelers op 'n streng fiksheid- en kragprogram wat hulle totaal en al op 'n ander vlak plaas. Ek dink ons manne was nog nooit so fiks en sterk as wat hulle nou is nie.
“Ek was geweldig beïndruk deur die spoed waarmee boulers soos Ben Shikongo, Tangeni Lungameni en Karl Birkenstock geboul het. Daar is te veel spelers om op te noem. Wat nou gesien word, is die vrugte van al die harde werk wat Pierre en Albie Morkel saam met Michiel Greeff, die span se biokinetikus, insit.
“Die ekstra tyd voor volgende jaar se Wêreldbeker sal ons net baat. Ons manne kan van beserings herstel en die jonger spelers wat die naweek in aksie was, kan ontwikkel en deurkom om ook by die nasionale groep vir die toekoms betrek te word.
“Ek dink die T10-formaat is net die regte ding om ons spelers vir Indië voor te berei. Ek reken die kolfblaaie in Indië sal ons kolwers en boulers beter pas as in Australië, wat meer wip en vaart aan die boulers bied.
“Hierdie tipe toernooie moet meer aangebied word. Krieket Namibië het 'n visie waarin die hele familie betrokke is. Die spelers, veterane, vroue en kinders moet almal speel en dit is hoe ons krieket in Namibië gaan ontwikkel. Krieket se getalle het die afgelope maande geweldig gegroei en ons sien geweldig uit na die toekoms,” het die krieketbaas aan die koerant gesê.
Die nasionale groep: Gerhard Erasmus, JJ Smit, Jan Frylinck, Craig Williams, JP Kotzé, Stephen Baard, Niko Davin, Zane Green, Nicol Loftie-Eaton, Ruben Trumpelmann, Bernard Scholtz, Tangeni Lungameni, Picky Ya France, Ben Shikongo, Mauritius Ngupita, Jan-Izak de Villiers, Shaun Fouché, Karl Birkenstock, Zhivago Groenewald.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie