Indië wil onwettige immigrante pos
’n Oefening om buitelandse immigrante van Bangladesj is reeds jare lank in die noordoostelike Indiese staat Assam aan die gang.
Indië gaan onwettige immigrante identifiseer en deporteer, het dié land se minister van binnelandse sake Woensdag gesê.
Reuters berig kritici glo dié veldtog kan spanning tussen geloofsgroepe aanvuur en minderheidsgroepe soos Moslems verder vervreem.
’n Oefening om buitelandse immigrante van Bangladesj, waarvan die meeste Moslems is, te identifiseer, is reeds jare lank in die noordoostelike Indiese staat Assam aan die gang.
Narendra Modi, Indiese premier, se Hindoe-nasionalistiese regering het dit nou in alle erns begin doen.
Die veldtog was ’n sleutelkwessie in vanjaar se algemene verkiesing, wat deur Modi se party gewen is.
Amit Shah, minister van binnelandse sake, het aan die parlement gesê die regering gaan nie sy pogings in Assam inperk nie en hulle sal ook geen genade aan onwettige immigrante elders in die land betoon nie.
“Onwettige immigrante wat op elke duim van hierdie land woon, sal volgens wet gedeporteer word,” het Shah aan die parlement gesê.
Shah, wat beskou word as ’n stoere Hindoe-nasionalis en moontlik toekomstige plaasvervanger vir Modi, het na onwettige immigrante as “termiete” verwys wat Assam se hulpbronne opvreet.
‘VENDETTA TEEN MOSLEMS’
Reuters berig kritici beskuldig Modi se Bharatiya Janata-party van diepgesetelde vooroordeel teenoor onwettige immigrante as ’n vendetta teen Moslems en dit dreig om die gemeenskap verder te marginaliseer.
Terwyl maatstawwe egter verskerp word om immigrante te keer wat die land inkom, probeer die regering terseldertyd ’n wet goedkeur wat die proses om Indiese burgerskap te bekom vir immigrante te vergemaklik wat in buurlande, insluitende Pakistan, vervolg word.
Mense in Assam skarrel nou om hul burgerskap te bewys as deel van ’n oefening ingevolge ’n hofbevel.
Die lys van onwettige immigrante word op 31 Julie uitgereik. ’n Vorige opname wat verlede jaar in Julie uitgereik is, het vier miljoen onwettige immigrante, waaronder talle Hindoes, in die staat van ongeveer 31 miljoen mense geïdentifiseer.
Maar regsgroepe waarsku dat talle van die inwoners, grootliks arm Moslems, die gevaar loop om staatloos onder dié proses te word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie