Indiese miljardêr loer vir Anglo American
Anil Agarwal is bereid om tot £1,5 miljard te bestee om 20% van Anglo te besit.
Anglo American het pas sy 100ste bestaansjaar gevier, maar daar is heelwat onsekerheid oor wat die volgende 100 jaar inhou.
Die mynmaatskappy se direksie het Woensdagaand as deel van die maatskappy se eeufeesviering op die luukse Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes byeengekom.
Op dieselfde dag het die Indiese mynmagnaat Anil Agarwal bekend gemaak hy is op koers om Anglo se grootste aandeelhouer te word. Dis onseker presies wanneer hy dié status sal bereik.
Agarwal het in April vanjaar die naasgrootste aandeelhouer in Anglo geword toe hy ’n belang van 11,4% deur middel van Volcan, ’n familieonderneming, bekom het.
Hy het Woensdag aangekondig hy gaan tot £1,5 miljard bestee om eindelik ’n belang van tot 20% te besit.
Dié 63-jarige belegger se maatskappye sluit Vedanta Resources en Hindustan Zinc in.
Ontleders gis oor wat Agarwal se plan met Anglo is, maar hy sê dis ’n “familiebelegging” en hy is nie van plan om Anglo oor te neem nie.
Wenkbroue lig
Die ongewone struktuur van die verkryging in April laat egter die wenkbroue lig. Hy het sy belang verhoog deur verpligte uitwisselbare effekte wat Volcan uitgereik het, gerugsteun deur Anglo-aandele.
Effektiewelik “huur” hy die aandele totdat die effekte se termyn in 2020 ten einde loop. Dit beteken hy trek nie voordeel as die aandeelprys styg nie – iets wat ontleders as ’n teken beskou dat Agarwal Anglo wil ontbondel of met ’n ander maatskappy wil laat saamsmelt.
“Dit is nogal ’n duur persoonlike belegging,” sê Paul Gait, ontleder by Sanford C. Bernstein in Londen. “Dit voel vir my of hy hom beywer vir ’n stoel langs die tafel van die een of ander vorm van herstrukturering – ná die ANC-leiersverkiesing [in Desember], ná Suid-Afrika se parlementêre verkiesing [in 2019].”
Woordvoerders van Anglo en Agarwal wou nie kommentaar lewer nie. Anglo se aandeelprys het Donderdag in Londen in ’n stadium met 3,7% gestyg.
Agarwal het vanjaar herhaaldelik gesê hy wil nie ’n aktivistiese aandeelhouer wees nie.
‘Goeie pasmaats’
Nietemin het hy reeds in 2016 voorgestel dat Anglo met Hindustan Zinc saamsmelt omdat hulle “goeie pasmaats” is: “Een en een sal nie twee wees nie, maar 11.”
Anglo het dié voorstel verwerp.
Ingevolge Britse oornamereëls mag Agarwal nie vir ses maande ná dié aanbod ’n nuwe oornamevoorstel ter tafel lê nie.
Daar is niks wat Anglo self keer om ’n potensiële verkryger te nader nie.
Agarwal sal ’n kontantaanbod aan alle aandeelhouers moet doen indien hy aandele wil koop wat 30% van die maatskappy se stemreg hou.
Ontleders van Barclays reken dat Agarwal dalk deur middel van Anglo sy hande op Suid-Afrikaanse myne wil lê, onder meer deur die Anglo-filiale Kumba Iron Ore (wat die Sishen-ysterertsmyn in die Noord-Kaap besit) en De Beers.
Anglo American het net ’n paar jaar gelede aangekondig dat hy sy blootstelling aan Suid-Afrika wil verminder. Die maatskappy besit onder meer belange in platinum-, steenkool-, diamant- en ysterertsmyne.
Die plan was onder meer om Kumba Iron Ore te verkoop.
Ysterprys
Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat met ’n belang van 13,3% die grootste aandeelhouer was, is ten gunste daarvan dat Anglo ontbondel om ’n plaaslike mynreus te skep.
Die styging in onder meer ysterertspryse het meegebring dat Anglo van plan verander het.
Mark Cutifani, uitvoerende hoof, het in Julie gesê die maatskappy is vir eers tevrede met sy Suid-Afrikaanse bates en sal eers in 2018 oor sy toekomsplanne besin.
Daar is ook bespiegeling dat Agarwal se planne groter is as net Suid-Afrika. Hy wil onder meer sy belang in die Indiese diamantbedryf verhoog. Nagenoeg 90% van die wêreld se diamante word in Indië gesny of gepoleer, en De Beers is op sy beurt die grootste diamantmynmaatskappy ter wêreld. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie