Indonesië gaan gebuk onder terreur
Die land het die grootste Moslembevolking ter wêreld en sukkel die afgelope paar maande met Islamitiese militantegroepe.
Surabaya in Indonesië het in twee dae onder ’n vlaag aanvalle, insluitend ’n selfmoordbomaanval deur ’n gesin by verskillende kerke, deurgeloop.
Volgens CNN is ’n polisiekantoor ook gisteroggend deur vier selfmoordbomaanvallers op motorfietse aangeval.
Frans Barung Mangera, ’n polisiewoordvoerder, sê tien mense, onder wie vier polisiebeamptes, is in dié aanval beseer. Volgens die polisie is al vier aanvallers dood.
Altesaam agt mense, die aanvallers uitgesluit, is in ’n reeks bomaanvalle Sondag dood toe ’n egpaar hul vier kinders in selfmoordbomaanvalle gebruik het. Die gesin het drie verskillende kerke aangeval.
Indonesië het die grootste Moslembevolking ter wêreld en sukkel die afgelope paar maande met Islamitiese militantegroepe.
“Hierdie aanvalle is ’n nagmerrie, maar was te verwagte nadat Indonesiërs wat bande met Isis het van die Midde-Ooste af hierheen teruggekeer het,” sê Greg Barton, voorsitter van Global Islamic Politics by die Deakin-Universiteit in Australië.
Genl. Tito Karnavian, polisiehoof in Indonesië, sê hy vermoed dat die gesin lede van die terroristegroep Jamaah Ansharut Daulah was. Die hele gesin is dood.
In ’n onverwante voorval Sondagaand by Wonocolo, ’n laekostebehuisingsprojek in die stad, is ’n vrou en haar 17-jarige dogter dood toe ’n bom afgegaan het.
Die polisie het later die pa in die huis gekry met ’n ploftoestel in sy hand en hom doodgeskiet.
Hul 12-jarige seun het sy twee jonger susters ná die ontploffing na die Bhayangkara-hospitaal geneem. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie