Indongo Toyota en Hino Indongo by Wildsfees

Feesgangers word uitgenooi om die nuwe Toyota-voertuie en Hino-vragmotors te kom besigtig.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Indongo Toyota Otjiwarongo gaan vanjaar vir die tweede keer Outjo Wildsfees toe om hul gewilde Toyota-voertuie uit te stal, en Hino Indongo maak hul eerste buiging.

Vanjaar is daar drie voertuie uit die Indongo Toyota Otjiwarongo-stal wat deur feesgangers ­besigtig kan word, naamlik die splinternuwe RAV4, Corolla Hatch, Hilux 2,8 4x4-dubbelkajuitbakkie, asook twee Hino-vragmotors.

Groot opwinding heers veral oor die nuwe Toyota RAV4 wat onlangs in Namibië bekend gestel is.

Dié sportnutsvoertuig het 'n heel nuwe, meer gespierde houding en voorkoms.

Die afwerkings binne is modern en kleurvol. Die nuwe RAV4 is beslis vir mense met 'n meer aktiewe lewenstyl, maar is ewe gewild in die stad as op die grondpad.

Vir die stadsjapies, of mammas wat die kinders in die kompakte gesinsmotor skool toe ry, is die nuwe Toyota Corolla Hatch ook op die Outjo Wildsfees te siene.

Corolla het inderdaad nuwe houding gekry met die nuwe luikrug-motor. Elke Corolla Hatch is met 'n groot raakskerm en normale Bluetooth-funksies toegerus. Die bagasiebak is 284 liter groot, waarin vier oornagtasse kan pas.

Die taaier as taai Toyota Hilux 2,8 4x4-dubbelkajuitbakkie is 'n jare lange staatmaker en van die gewildste bakkies wat stof in die oë van mededingers skop.

Die Hino 300- en Hino 500-vragmotors is bekend as ware werkesels en hulle is gebou om te hou, veral op Namibiese paaie. Hino word geag as betroubaar, goeie waarde vir geld en dit het 'n tweejaarwaarborg, ongeag die getal kilometers wat afgelê is. Hino Indongo het 'n handelaar in Windhoek en dienssentrums op Walvisbaai, en in die die nabye toekoms ook op Ongwediva.



MEGANIESE BUL

Indongo Toyota en Hino Indongo is ook die amptelike borg van die immergewilde meganiese bul op die Outjo Wildsfees.

“Oud en jonk kan vanjaar deel in die pret tydens die meganiese bul-ritte,” het die handelaarshoof van Toyota Indongo Otjiwarongo, me. Janette Bronkhorst, gesê.

Lekker pryse kan in die verskillende kategorieë vir die kompetisies van die meganiese bul gewen word,” het sy gesê.

Die kategorieë is vir kinders van graad 1 tot 3, graad 4 tot 7, graad 8 tot 10, graad 11 tot een jaar ná skool, mans en dames.

• Kaartjies vir die meganiese bul kos N$20, “maar die geld wat ingesamel word, gaan vir 'n goeie doel,” sê Bronkhorst.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!