Indringerplante moet nóú vernietig word
Selfs spesies wat mooi lyk, verrig skade aan die inheemse plantegroei en ekostelsel aan.
Tanja Bause
Die goeie reënseisoen wat nie net Windhoek nie, maar ook vele ander dele van die land ervaar het, het veroorsaak dat uitheemse kaktusse en plante weer volop veral in Windhoek groei en versprei.
Volgens me. Gunhild Voigts, stigter van Cactus Clean-up Namibia, is hierdie hoogs indringende plantspesies nou weer besig om die natuurlike habitat van die inheemse Namibiese plantegroei oor te neem.
“Talle van hierdie plante lyk mooi, maar dit is duidelik hul hoë hoeveelheid sade wat kan ontkiem, hou ’n groot gevaar vir ons inheemse omgewing in.
“Die peule van die plante is tans besig om volwassenheid te bereik en as ons toelaat dat hulle oopbars en hul sade versprei staar ’n nuwe inval van hierdie plante ons in die gesig. Dit is hoekom ons nou moet optree en hulle uithaal om nuwe plantegroei in die nuwe reënseisoen te voorkom,” het sy gesê.
Uitheemse plante moet uitgehaal en hul sade moet uitgebrand word. Dit kan ook by munisipale asgate afgegee word – verkieslik soos die een in Eros waar dit onder hope bourommel begrawe sal word.
“Ons moet hande vat en saam die indringers bekamp. As jy voel jy is oorweldig, kan jy by Cactus Clean-Up aanklop en ons sal probeer om mense wat nie werk het te kry om te help.”
Van die plantspesies wat verwyder moet word, is Madagaskar-rubberklimop en malpitte, wat uiters giftig vir diere en mense is. Pronkgras kan nie deur diere gevreet word nie en vervuil rivierbeddings en omliggende plaasgrond.
Indien prosopis verder aangroei en versprei, sal dit binnekort alle Namibiese plantegroei vervang soos dit in Auob, Gibeon en in Windhoek by die ingang tot die Avisdam gedoen het.
Bloekombome word gebruik om moerasse uit te droog en om die grondwater te verminder. In Windhoek groei hulle in rivierbeddings en moet as ’n saak van dringendheid afgekap word.
Die wonderboom se wortels rig skade aan fondasies en strukture aan. Saailinge van dié indringer kan oral in Windhoek gesien word. Net so moet gomdagga, garingboom en bloudissel ook verwyder word.
Cactus Clean-Up is in 2016 deur Voigts begin om veral indringerkaktusse en plante in en om Windhoek te verwyder. Sy en vrywilligers is veral Saterdae besig om dele van die stad skoon te maak. Cactus Clean-Up betaal ook werkloses om die indringerplante te verwyder wanneer hulle geld vir die betaling van die lone beskikbaar het.
Mense wat wil help om die plante uit te roei of wat finansieel tot die werk wil bydra, kan vir Voigts by 081 208 5747 kontak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie