Inenting: Praktisyns moet eties optree
Inenting: Praktisyns moet eties optree

Inenting: Praktisyns moet eties optree

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Enige mediese praktisyn wat sy of haar pasiënte inlig om nié die entstowwe teen Covid-19 te neem nie, kan in stryd met sy of haar gedragskode wees, tensy hy of sy dit op die basis van bewese wetenskaplike feite doen.

Mediese praktisyns is eties en professioneel verplig om die korrekte inligting aan pasiënte te verskaf, sê die hoofregsbeampte van die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA), me. Johanna Nghishekwa. Sy het gereageer op navrae of ’n dokter die gesag het om ’n pasiënt aan te moedig om nié die Covid-entstof te vat nie, en of dokters wat dit wél doen, by die raad aangekla kan word.

Volgens Nghishekwa word van mediese praktisyns verwag om inligting aan hul pasiënte te verskaf wat hul welstand en gesondheid ondersteun. Dié inligting moet op wetenskaplike bewese feite gegrond wees wat aan die pasiënte bekend gemaak moet word. Nghishekwa sê tans is daar geen wetenskaplik bewese feite wat die algehele voordele van die entstowwe beskikbaar in Namibië weerlê nie.

“Dit beteken daar is geen inligting dat entstowwe sleg is nie, buiten vir die newe-effekte wat bekend is,” sê sy.

Sy het beklemtoon mediese praktisyns is eties en professioneel verplig om die korrekte inligting aan hul pasiënte te verskaf.

Nghishekwa sê die mediese en tandheelkundige raad se mandaat is om klagtes van onprofessionele gedrag te ondersoek.

“Enige persoon is daarop geregtig om ’n klag teen ’n praktisyn te lê,” het sy gesê.

’n Ondersoek sal in so ’n geval gedoen word en indien bevind word die gedrag was onprofessioneel, sal ’n professionele ondersoek van stapel gestuur word om te bepaal of die praktisyn teen die gedragskode opgetree het.

Sou die praktisyn skuldig bevind word, sal hy of sy die boete soos bepaal deur die wet opgelê word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!