Inenting skop af in Oshana

Henriette Lamprecht
Tuyeimo Haidula – Die immuniseringsveldtog teen Covid-19 by die staatshospitaal op Oshakati het Maandag afgeskop. Dit volg byna ’n maand ná die aankoms van die Sinopharm-entstof wat deur die Chinese regering geskenk is.

Die direkteur van gesondheid vir die Oshanastreek, me. Johanna Haimene, was die eerste persoon wat ingeënt is, gevolg deur die hospitaal se waarnemende mediese superintendent, mnr. Asumani Kibandwa, en gesondheidswerkers.

Die mikpunt van Namibië se inentingsveldtog is om meer as 60% van die land se 2,5 miljoen inwoners in te ent. Die nasionale veldtog is verlede maand in Khomas en Erongo afgeskop, die twee streke wat die meeste deur Covid-19 geraak is.

Haimene het kort nadat sy die spuit gekry het, gesê sy is gelukkig om deur haar voorbeeld te lei en het ander aangemoedig om haar te volg.

Sy is ook deur verskeie gesondheidsbeamptes gevolg. Volgens haar sal fase 1 fokus op die inenting van gesondheidswerkers, sowel as dié wat in risikogroepe is, om te verseker hulle is beskerm.

Kibandwa het op sy beurt gesê sy besluit om teen Covid-19 ingeënt te word, is om homself teen die siekte te beskerm. Hy het ’n beroep op Namibiërs gedoen om in groot getalle by immuniseringspunte op te daag.

“Ten spyte van kommer deur mense oraloor in die wêreld wat bang is om ingeënt te word, is ek glad nie bekommerd nie,” het hy gesê.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het vroeër gesê die Sinopharm-entstof is 79,8% doeltreffend. Teen Saterdag is 3 593 Sinopharm- en 1 407-Covishield-entstowwe reeds toegedien.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!