Inenting van tieners teen C19: Voordele verdwerg die nadele
Hartinflammasie is ’n uiters raar newe-effek van die Pfizer-entstof wat nou in Namibië ook vir tieners in die ouderdomsgroep 12 tot 17 jaar beskikbaar is.
Henriette Lamprecht – Die moontlike orgaanskade wat deur Covid-19 as ’n gevolg van hartinflammasie veroorsaak kan word, is baie ernstiger as die klein risiko wat met die entstof geassosieer word.
Hartinflammasie is ’n uiters raar newe-effek van die Pfizer-entstof teen Covid-19, wat nou in Namibië ook vir tieners in die ouderdomsgroep 12 tot 17 jaar met toestemming van hul ouers beskikbaar is.
Volgens die ministerie word net inenting met Pfizer vir nou in die ouderdomsgroep toegelaat omdat hulle nog nie tevrede is met navorsingsuitslae oor die gebruik van ander entstowwe vir tieners nie. Die beleid van die Wereldgesondheidsorganisasie (WHO) sal volgens die minister, dr. Kalumbi Shangula, in die verband dopgehou word – net soos wat aanvullende inentings (booster shots) betref – en die regering sal sy beleid dienooreenkomstig aanpas.
BESKIKBARE DATA
Volgens die Bhekisisa Sentrum vir Gesondheidsjoernalistiek in Suid-Afrika is die kanse om hartinflammasie te ontwikkel nadat jy die Pfizer-entstof ontvang het, hoër in tienerseuns (12 tot 17 jaar oud) wat twee dosisse entstof ontvang het.
Dit is gebaseer op Amerikaanse data wat in Julie in ’n studie gepubliseer is. In die meeste gevalle is dit egter matig en byna almal herstel ten volle binne drie dae of selfs vinniger.
Myocarditis, algemeen bekend as hartinflammasie, het volgens dié studie tot op hede meer gereeld in tienerseuns as tienermeisies voorgekom. Tieners is ses keer meer geneig om dié toestand eerder weens Covid-19 op te doen, as ’n newe-effek van die Pfizer-entstof.
Die newe-effek kon by minder as een vir elke 10 000 wat ingeënt is opgespoor word, dus 0,01%.
In Augustus het die Amerikaanse sentrums vir siektebeer (CDC) gesê daar was minder as drie voorvalle van hartinflammasie vir elke miljoen mense tussen die ouderdomme van 12 en 15 jaar wat hul eerste dosis Pfizer ontvang het.
Dié syfer het tot byna 21 ná die tweede dosis gestyg; vir elke miljoen mense.
In 16- tot 17-jarige seuns is 72 gevalle per miljoen (0,01%) waargeneem wat na 'n tweede inenting met Pfizer hartinflammasie as ’n entstofverwante newe-effek ontwikkel het.
In Suid-Afrika is aansteking van ander risiko-groepe, soos bejaardes, deur positiewe tieners uitgesonder as 'n veel groter risiko as die kans van een uit tien duisend dat 'n kind se gesondheid benadeel sal word. Die normalisering van onderwys is uitgewys as 'n bykomende voordeel.
PLAASLIKE MENING
Die Namibiese pulmunoloog, dr. Willie Bruwer, het by navraag oor die wenslikheid om alle tieners voor die voer in te ent gesê: "Dis rêrig moeilik om te antwoord.
“Getalle moet baie hoog wees om voordeel hieruit te trek. Jy moet dus baie meer inent, maar op die ou einde gaan ons daarby uitkom,” het Bruwer gesê.
Volgens hom is hy self nog nie oortuig van data in dié verband nie en voel hy ’n entstof soos Sinovac is ’n beter antwoord. “Dis ’n dooie virus en het ’n baie, baie laer risiko.”
Volgens Bruwer is volledige data nog nie beskikbaar om te bewys dat byvoorbeeld kinders met diabetes noodwendig beter beskerm gaan word nie. – [email protected] (bronne: bhekisisa.org, medicalnewstoday)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie