Inentings: 600 000 teen September nou mikpunt
Inentings: 600 000 teen September nou mikpunt

Inentings: 600 000 teen September nou mikpunt

Hoewel die Covid-sterftes klein op globale vlak mag lyk, moet dit in die konteks van die Namibiese bevolking van 2,5 miljoen mense gesien word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste wil meer as 600 000 Namibiërs teen die einde van September teen Covid-19 inent.

Die minister, dr. Kalumbi Shangula, het tydens die verwelkoming van 'n mediese noodspan uit die Verenigde Koninkryk gesê sy ministerie werk ook onverpoos om teenstand teen immunisering te takel en die opname van die entstof te verhoog.

Volgens Shangula is die land se inentingsveldtog ook deur middel van radio- en televisie-onderhoude en die vermeerdering van immuniseringspunte versterk.

Shangula het verwys na die verskillende golwe van die pandemie waardeur Namibië reeds is, met enkele gevalle wat tydens die eerste golf aangeteken is.

“Daar was 'n tydperk van 45 dae waarin ons nie 'n enkele geval aangeteken het nie. Nuwe gevalle het egter weer geleidelik begin toeneem en het tot die eerste golf gelei.”

Tydens dié golf is die land die hoogste getal infeksies (316 vir 'n enkele dag) op 13 Augustus verlede jaar aangeteken. Die tweede golf was in Desember met die hoogste getal van 683 gevalle wat op 13 Desember aangeteken is.

Volgens Shangula is die tweede golf voorafgegaan deur massa- politieke byeenkomste tydens die streek- en plaaslike owerheidsveldtogte. Hoewel maatreëls in plek was om groot byeenkomste te beperk, was die “politieke belange so hoog dat daar nie aan dié vereistes voldoen kon word nie.”

Die derde golf wat aan die einde van Mei vanjaar begin het, is volgens Shangula nie deur omgewings- of politieke faktore gedryf nie, maar wel deur die nuwe Delta-variant wat aanvanklik in Indië geïdentifiseer is en grootskaalse verwoesting gesaai het.

Die teenwoordigheid van dié variant in Namibië is deur genoomtoetsing bevestig.

“Van daar af het ons 'n vinnige en eksponensiële styging van die getalle nuwe gevalle gesien wat tot 2 547 in 'n enkele dag toegeneem het.”

Die Covid-sterftes het ook daarna begin styg met die hoogste getal op 'n dag en wel 150 wat in Julie aangeteken is.

“Hoewel hierdie getal klein op globale vlak mag lyk, moet dit in die konteks van die Namibiese bevolking gesien word wat net 2,5 miljoen mense is.”

Volgens Shangula het verskeie faktore tot die vinnige oordrag van die virus bygedra. Hy het verduidelik die coronavirus is 'n nuwe virus en die bevolking kon nie 'n natuurlike immuniteit daarteen opbou nie.

“Met die aanvang van die derde golf was net 3% van die bevolking ten volle ingeënt. Tesame met die hoë oordraagbaarheid van die virus en die hoë viruslading kon die virus vinnig versprei en baie sterftes veroorsaak.”

Hy het verwys na waninligting wat veral via sosiale media en ander platforms versprei word wat 'n rol gespeel het om mense huiwerig te maak om ingeënt te word. Ook het sommige Covid-positiewe mense hulself tuis behandel en slegs mediese ingryping opgesoek toe dit reeds te laat was.

Volgens Shangula het die derde golf baie hoë getalle nuwe gevalle gehad wat gelei het tot 'n vinnige toename in die aantal mense wat in die hospitaal opgeneem is, in veral in Khomas en Erongo. Dié golf het later na talle ander streke versprei.

Shangula erken die land se gesondheidstelsel is “oorweldig”.

“Ons kapasiteit beddens in hospitale oraloor die land kon nie meer opnames hanteer nie, die voorsiening van suurstof is uitgeput en ons werksmag is oorweldig, wat daartoe gelei het dat sommige siek geword en selfs gesterf het.”

'n Beroep is op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) gedoen wat 'n mediese noodspan na Namibië ter ondersteuning gestuur het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.64 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 638.13/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.45/lb UP +3.08% | Zinc US$ 2 995.80/T UP 3.59% | Brent Crude Oil US$ 75.07/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 973.83/OZ UP +1.65% #REF!