Inentings maak nie dood, sê Geingos

Mariselle Stofberg
Die Namibiese presidentsvrou, me. Monica Geingos, het tydens die inwyding van LoveProtects en #BreakFree se tydelike Covid-19-inentingspunt in Katutura die belangrikheid van inentings benadruk.
“Inentings maak nie dood nie. Ons land se mense hoef nie onnodig te sterf nie. Ons kan terugveg teen Covid-19 deur ingeënt te word.”
Hierdie is die eerste van 'n reeks opwip-inentingspunte wat in samewerking met die Windhoek-munisipaliteit (CoW) van stapel gestuur sal word om die gemeenskap aan te moedig om hulle in te laat inent.
“Ons moet ophou om leuens en propaganda rondom Covid-19 te versprei. Dit is 'n harde werklikheid waarmee ons gekonfronteer word, en ons het almal se samewerking in dié stryd nodig.”
Foto Mariselle Stofberg

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer