Inentings: Namibiu00ebrs wag en kyk
Inentings: Namibiu00ebrs wag en kyk

Inentings: Namibiërs wag en kyk

'n Ooraanbod van inligting, aangevuur deur akkurate en fopnuus oor Covid-19-entstowwe kan moontlik 'n rede wees hoekom teikengroepe nie na inentingspunte stroom nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se immuniseringsveldtog teen Covid-19.
Die uitvoerende direkteur in die ministerie en hoof van die taakspan vir die uitrol van die entstowwe, me. Petronella Masabana, het dit ook toegeskryf aan ’n “info-pandemie”, ’n ooraanbod van inligting, aangevuur deur akkurate en fopnuus in die sosiale media.
Teen Vrydag was nog net 881 mense ingeënt; 729 in Khomas en 152 in Erongo. Klaarblyklik word geen inentings op Saterdae en Sondae gedoen nie.
Die nasionale ontplooiings- en immuniseringsplan het in drie distrikte in Windhoek in die Khomasstreek en Swakopmund en Walvisbaai in Erongo afgeskop en duur tot 16 April, terwyl ’n nasionale en landswye uitrolprogram vanaf 19 April beplan word.
Namibië het 100 000 dosisse van die CoronaVac-entstof, wat deur die Chinese farmaseutiese vervaardiger Sinopharm ontwikkel is, asook 30 000 dosisse Covishield van die Serum Instituut van Indië ontvang.
As deel van Covax sal Namibië volgens ’n tussentydse verslag 127 200 dosisse ontvang wat volgens die jongste inligting moontlik vanaf April tot Mei in die land verwag word.
Sou die stadige pas vir inentings voortduur, sê Masabane, gaan die ministerie teikengroepe in die volgende fases van die program spoedig insluit.
Tans geniet gesondheidswerkers by hospitale en klinieke, gesondheidswerkers in gemeenskappe, mense tussen die ouderdom van 18 en 59 jaar, mense in nabye werksomstandighede, dié betrokke by oorgrensvervoer, personeel by grensposte, polisiebeamptes, joernaliste, lede van die diplomatieke korps, werkers in die vis- en mynbedryf, geestelike en tradisionele leiers, gestremdes en vlugtelinge.
“Sinopharm is vir persone tussen die ouderdomme van 18 tot 59 jaar met geen onderliggende mediese toestande nie,” sê Masabane.
Persone vir wie Sinopharm nie geskik is nie, sluit onder meer in swanger vroue of vroue wat borsvoed of ’n swangerskap binne die volgende ses weke beplan, enige persoon met ’n geskiedenis van enige tipe ernstige allergie wat noodsorg vereis het, sowel as mense met toestande wat die immuunstelsel onderdruk bv. MIV/vigs, wat op steroïede-medikasie is of chemoterapie ontvang.

COVISHIELD-ENTSTOF
Volgens Masabane sal die Covishield-entstof wat in voorraad is, hoofsaaklik gebruik word vir persone ouer as 60 jaar met onderliggende mediese toestande en ook individue wat uitgesluit is van die toediening van Sinopharm.
Tans gaan individue wat in die eerste fase in aanmerking vir Sinopharm kom na die vier immuniseringspunte by Rhino Park en die Lady Pohamba private hospitale, sowel as die Windhoek Sentrale Hospitaal en Katutura staatshospitaal in Windhoek en by die kus by die staatshospitale in Swakopmund en Walvisbaai, asook die Welwitschia en Cottage private hospitale.
Volgens Masabane werk die ministerie egter aan ’n “lys- of afspraakstelsel.
“Namibia Media Holdings (NMH) sal byvoorbeeld aan die ministerie ’n lys met werknemers verskaf wat ingeënt wil word. Ons sal dit gevolglik skeduleer om te verhoed dat daar te veel mense op dieselfde tyd opdaag,” het Masabane verduidelik.
Sy het beklemtoon deel van die immuniseringsproses is ’n spesiale punt waar bepaal word of die persoon vir die enstof in aanmerking kom.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!