Inferno by Brakwater

Tanja Bause
Tanja Bause – Inwoners aan die noordelike buitewyke van Windhoek is gisteroggend deur verskeie ontploffings geruk ná brandstofwaens van ‘n TransNamib-trein aan die brand geslaan het.

Die voorval het omstreeks 10:00 by die depot van WP Transport by Brakwater naby die afdraai na Döbra plaasgevind.

Volgens die woordvoerder van TransNamib, me. Abigail Raubenheimer, het sewe petrolwaens ontspoor en aan die brand geslaan.

Alle nooddienste van die Windhoekse munisipaliteit is op die toneel ontplooi. Vrese dat nóg brandstofwaens kon ontplof, het aanvanklik die werk van die brandweer belemmer. Die noodwerkers moes op ‘n veilige afstand bly.

Teen 16:00 het die munisipaliteit die media op sy WhatsApp-groep ingelig dat die brand geblus is.

Volgens Raubenheimer is niemand tydens die voorval beseer nie.

Die is tweede TransNamib-treinongeluk in sowat twee maande.

Op 16 Maart het ’n wegholtrein omstreeks 13:30 in Swakopmund ontspoor. Een persoon is in dié voorval oorlede.

Die trein met vier lokomotiewe en ten minstens 25 waens het ’n vrag steenkool vervoer wat vir die uitvoermark bestem was. Vier leë swaelsuurtenkwaens het ook ontspoor.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!