Inflasie bly binne Reserwebank se teiken
Inflasie bly binne Reserwebank se teiken

Inflasie bly binne Reserwebank se teiken

Inflasie in Suid-Afrika het in Mei effens gestyg, tot 5,4%, nadat dit in April tot 5,3%, die laagste vlak in 16 maande, geval het.
Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) het verbruikersprysinflasie (VPI) tussen April en Mei met 0,3% gestyg.

Sommige ontleders het gehoop dat inflasie op 5,3% sou bly, maar tot 5,5% is voorspel.

Kosprysinflasie het weer effens gestyg, tot 7% nadat dit in April 6,6% – die laagste in 18 maande – was. Veral vleis is baie duurder as ’n jaar gelede – 12,3% duurder.

Die bydrae van kos en nie-alkoholiese drank tot die algehele inflasiekoers het van 1,1 persentasiepunt in April tot 1,2 persentasiepunt in Mei gestyg. Die bydrae van vervoer het ook gestyg, van 0,7 tot 0,8 van ’n persentasiepunt.

Die heel armste Suid-Afrikaners ervaar inflasie van 4,1%. Dit het die afgelope ruk aansienlik gedaal danksy effens laer kosprysinflasie. Net die twee rykste groepe Suid-Afrikaners ervaar inflasie van meer as die gemiddelde.

Pensioentrekkers ervaar effens hoër inflasie, van 5,7%, terwyl mense op die platteland inflasie van so min as 4,9% ervaar.

Kerninflasie, wat kos en drank, brandstof en energie uitsluit, het op 4,8% gebly. Die Reserwebank beskou dié syfer as baie belangrik omdat dit wisselvallighede uitskakel.

Die lae inflasiekoers kan olie op die vuur wees van die debat of die Reserwebank dalk reeds te lank gewag het om die rentekoers te verlaag.

Clyde Rossouw en Nazmeera Moola, onderskeidelik portefeuljebestuurder en hoof van vaste inkomste by Investec Batebestuur, het Dinsdag gesê dis tyd dat die Reserwebank die “dapper, maar regte stap neem om die rentekoers te verlaag en daardeur ’n mate van verligting vir die Suid-Afrikaanse ekonomie bring”.

Die Reserwebank besluit eers weer op 20 Julie oor die rentekoers.

Provinsiale inflasiekoerse wissel van 4,3% in die Noord-Kaap tot 6,5% in die Wes-Kaap. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 22° | 37° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 23° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 36° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 20° | 34° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 18° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 18° | 35° Mariental: 19° | 36° Keetmanshoop: 14° | 32° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 18° | 33° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 12° | 31° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 15° | 20° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!