Inflasie bring verligting
Hanlie Stadler
Het die styging in kospryse ’n draaipunt bereik of is dit net tydelike verligting? Dié vraag kan tereg gevra word nadat beter as verwagte inflasiesyfers vir Mei uitgereik is.
Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) het verbruikersprysinflasie (VPI) in Mei tot 6,1% gedaal. Dit was 6,2% in April en ontleders het verwag dat dit in Mei tot 6,4% sou styg.
Dit is byna-byna binne die Reserwebank se teikenband van tussen 3% en 6%.
Die beste nuus is dat kospryse in Mei minder skerp gestyg het as in April. Jou trollie kos en nie-alkoholiese drank was steeds in Mei vanjaar 10,5% duurder as in Mei 2015, maar die prysstyging in April was 11%.
Dit kan die vraag laat ontstaan of die impak van die droogte op kospryse aan die taan is. Die landbou-ekonoom, prof. Johan Willemse, het vroeër gewaarsku dat vleispryse teen Augustus skerp sal begin styg omdat boere se kuddes uitgedun raak en die aanbod van vleis dus daal.
Nedbank se ekonomiese eenheid waarsku ook dat te veel waarde nie aan die beter inflasiekoers geheg moet word nie. Die ontleders reken dat kospryse steeds weens die droogte sal styg en dat inflasie tot die laaste kwartaal van 2017 bo 6% sal bly, ook weens die swak rand en hoër kragtariewe.
Die skerpste styging in kospryse in Mei was van groente (21,4% duurder as ’n jaar gelede), maar tussen April en Mei het die prys van vrugte met 10% gedaal en van groente met 2,7%.
Kerninflasie – wat kos en nie-alkoholiese drank, petrol en energie uitsluit – het onveranderd gebly, en is op 5,5% veilig binne die Reserwebank se teikenband. Kerninflasie word as belangrik beskou omdat dit nie so seisoenaal en wisselvallig is nie.
Die inflasiekoers, tesame met die sterker rand van die afgelope paar dae, is moontlik goeie nuus vir mense met skuld omdat dit die Reserwebank kan oortuig om rentekoerse onveranderd te laat wanneer in Julie daaroor besluit word.
Só het jou kostrollie duurder geword
Die prys van kos en nie-alkoholiese drank het in Mei met 10,5% duurder geword as ’n jaar gelede en met 0,2% duurder as die vorige maand.
As die prys van koffie, tee en koeldrank weggelaat word, het kospryse met 10,8% gestyg jaar tot jaar en ook met 0,2% van maand tot maand.
Drie kategorieë basiese voedsel – vrugte, groente en selfs vleis – het in Mei goedkoper geword vanaf April. Vrugte het 10% goedkoper geword, maar vleis net 0,3% goedkoper.
Van jaar tot jaar het geen kos goedkoper geword nie, en groentepryse het teen 21,4% gestyg (dis nietemin minder as April se 23%-styging).
Só het die prys van basiese voedsel jaar tot jaar verander (met die maand-tot-maand-veranderings in hakies):
• Brood en graanprodukte: 14,5% (1,5%)
• Vleis: 6% (-0,3%)
• Vis: 6,3% (1,7%)
• Melk, kaas en eiers: 6,7% (2%)
• Olies en vette: 19,7% (1,3%)
• Vrugte: 12,8% (-10%)
• Groente: 21,4% (-2,7%)
Mense met ’n soettand betaal 10,6% duurder vir hul lekkers en poeding as ’n jaar gelede (0,7% duurder as ’n maand gelede).
Koffie en tee en ander warm, nie-alkoholiese drinkgoed het 13,5% duurder geword as ’n jaar gelede (0,5% duurder maand tot maand), maar die prys van koeldrank het op ’n jaargrondslag met net 4,9% gestyg (0,8% op ’n maandgrondslag).
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie