Informele ekonomie: Vakbonde moet aanpas
Vakbonde in die informele sektor sal hulself moet herskep om toepaslik te bly, meen kenners.
Augetto Graig
Om die informele ekonomie tot sy reg te laat kom, sal vakbonde 'n daadwerklike poging moet aanwend om burgers in dié sektor te dien.
Dít aldus 'n aanbeveling van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) wat Namibië in 2015 aanvaar het.
Die ILO en die Instituut vir Arbeidsbronne en -navorsing (LaRRi) het gister in die hoofstad met 'n twee dae lange slypskool oor Namibië se informele ekonomie afgeskop.
Maandag is vryheid van assosiasie en dialoog in die informele sektor bespreek.
Adv. Vicki ya Toivo, die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Erkki Nghimtina, se spesiale raadgewer, het gister namens die minister 'n toespraak hieroor gelewer.
Ya Toivo het die 2018 Namibië Statistiekagentskap (NSA) se arbeidsmagopnameverslag aangehaal waarvolgens sowat 60% van Namibiërs in die informele sektor werk.
“Die informele ekonomie is dus 'n bron van werk vir die meeste Namibiese werknemers, insluitend dié in hul eie diens,” het sy gesê.
“Tog is dié sektor 'n broeiplek vir ongelykheid en diskriminasie,” het sy gesê.
Die minister noem in sy toespraak die meeste informele werknemers geniet nie maatskaplike beskerming of voordele soos kraamverlof nie.
Baie werkgewers voldoen ook nie aan die minimumvereistes vir vergoeding nie, het Ya Toivo gesê.
“Ordentlike werksgeleenthede is skaars en mense is desperaat vir werk. Die meeste informele werkers het nie 'n ordentlike lewenstandaard vir hul gesinne in die vooruitsig nie,” lees die minister se toespraak.
Volgens die minister toon navorsing die meeste selfstandige lede van die informele ekonomie is jong vroue in stedelike gebiede.
Tot 85% van informele ondernemings is buite die landbousektor waar werkgewers en werknemers geen maatskaplike beskerming geniet nie, waar 'n tekort aan werkskontrakte bestaan en lang en ongereelde werksure die norm is.
Volgens die navorsing noop werkloosheid mense om hulle tot die informele sektor te wend.
By die geleentheid is 'n nuwe studie oor Namibiese vakbondverenigings bekend gestel. Die studie handel oor die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), die Vakbondkongres van Namibië (Tucna) en die Namibiese Nasionale Arbeidsorganisasie (Nanlo).
Dr. Mohammed Mwamadzingo, ILO-streekbeampte vir Afrika, het 'n waarskuwing aan Namibiese vakbonde gerig.
Wêreldwyd is die voortbestaan van vakbonde kwesbaar weens kwessies soos toepaslikheid, kwynende lidmaatskap, 'n tekort aan interne organisasie en demokrasie, het hy gesê.
Professor Trywell Kalusopa het sy plaaslike navorsing voorgelê, wat toon minder werknemers in die formele ekonomie behoort aan vakbonde.
In 2017 het 19% van werknemers in Namibië aan vakbonde behoort, en in 2018 net 11,4%.
“Tans is dit dalk tussen 10% en 15%,” het hy gesê.
Die NUNW se adjunk- sekretaris-generaal, mnr. Tame Severin, sê verandering is nodig.
“Ons moet 'n nuwe beleid skep en ons rol in die samelewing herskep. Ons moet onsself vry maak van partypolitiek en werkers se belange eerste stel,” het Severin gesê.
Tucna se sekretaris-generaal, mnr. Mahongora Kavihuha, sê die arbeidswet beperk vakbonde se vermoë om werk te verseker.
Werknemers word ook toegelaat om vakbonde se finansies te beïnvloed, het hy gesê.
Tog glo Kavihuha vakbonde het steeds 'n rol om te speel.
Nanlo se bedryfsdirekteur, mnr. Matti Haimbili, het gesê: “Solank werkgewers en werknemers 'n verhouding het, sal vakbonde bly voortbestaan, maar ons moet vir oorlewing veg en toepaslik bly.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie