Ingram bo in wind en weer
Ingram bo in wind en weer

Ingram bo in wind en weer

Andrew Poolman
Des Erasmus

Vir Ingram Cuff was dit eerder Koning van die Oostewind as van die vlaktes toe hy Saterdag die Omaruru Spar Classic gewen het.
Die Windhoeker moes hard jaag om minder as ’n teinde van ’n sekond voor die volgende drie ryers oor die eindstreep te seil.
Behalwe die wind het versengende hitte ook aan die kragte van die net minder as driehonderd fietsryers getap.
Fietsryers van hoofsaaklik Windhoek, maar ook van plekke soos Rehoboth en Outjo en die kusdorpe Swakopmund en Walvisbaai, het Vrydagaand vir die byeenkoms op Omaruru toegesak.
Die Classic is vorige jare in Februarie gehou en die verwagting was dat die koeler toestande in April vir rekordtye gaan sorg. Die heersende toestande was sodanig dat daar van rekords geen sprake was nie.
Die oostewind was só sterk dat die ereboog vir wenners omgewaai het terwyl die wedren reeds aan die gang was. Dit moes deur helpers van die baan gesleep word sodat ’n weg gebaan kon word vir die wenners wanneer hulle inkom.
Die roete het oor 106 km van Omaruru op die Kalkfeldpad gestrek. Die draaipunt was 53 km buite Omaruru onder ’n groot boom. Aan die einde van die 106 km het net 0.04 sekondes die voorste drie ryers geskei. Cuff het in 2 uur 42 minute 10.13 sekondes gewen.
Twee jong mans van Rehoboth se geesdrif vir padfietswedlope, Danzel de Koe en Diego Izaaks, het hulle beloon toe hulle die korter snelitem oor 60 km gewen het. Denzel en Diego het Saterdagoggend om drie-uur ’n geleentheid met ’n ligte vragmotor gebruik om vir die Classic op Omaruru te kom. Ná hul segetog is hulle nog dieselfde middag terug huis toe.
Die vrouewenner van die 106 km was Michelle Vorster.
Die belangrikste uitslae van die Omaruru Spar Classic­ was:

106 km mans elite: 1. Ingram Cuff 2 uur 42 minute 10.13 sekonde, 2. Horst Neumann 2:42:10.17, 3. Johannes Hamunyela 2:42:10.17. 4. Loto Petrus 2:42:10.30, 5. Cobus Smit 2:48:27, 6. André de Klerk 2:51:53, 7. Danny Villinger 2:52:47, 8. Johan Faber 2:52:47, 9. Herbert Peters 2:52:48, 10. Chiponeni Kashululu 2:52:50.
106 km vroue (onder 30): 1. Elani Coetzer 3:21:48.
106 km mans meesters: 1. Gerhard Mans sr. 2:52:48, 2. Hentie Hough 2:58:39.
106 km vroue bo 30: 1. Michelle Vorster 2:50:10.14, 2. Anneke Steenkamp 3:18:46, 3. Patricia Hoeksema 3:21:10.
106 km mans veterane: 1. Fanie Steenkamp 2:50:10, 2. Louis Peens 2:52:47, 3. Allan Vivier 2:52:52.
60 km mans 19 tot 39: 1. Danzel de Koe 1:40:56.92, 2. Diego Izaaks 1:41:26.27, 3. Melki Hamukoto 1:42:59.61.
60 m vroue 19 tot 39: 1. Karla Labuschagne 2:14:36, 2. Beverley Henckert 2:24:39, 3. Vicki Vosloo 2:27:59.
60 km mans bo 50: 1. Jurgens Borman 2:00:51, 2. Jens Adam 2:02:52, 3. Christo le Roux 2:03:14.
60 km vroue bo 50: 1. Mandy Huysamen 1:55:38, 2. Karin Brockman 2:07:58, 3. Christa Mulder 2:50:23.
60 km mans onder 19: 1. Schalk v.d. Merwe 1:44:03; 2. Divan du Plooy 1:55:37; 3. Dieter Koen 2:00:59.
60 km vroue onder 19: 1. Sofia Simon 1:55:42, 2. Tanya Mackensen 2:15:04.
60 km mans 40-49: 1. Flippy de Klerk 1:55:43, 2. Gerrit van Schalkwyk 1:56:08, 3. André Smit 1:58:39.
60 km vroue 40-49: 1. Dawn Adams Redelinghuys 2:03:26, 2. Beata Uugwanga 2:14:43, 3. Lindy van den Bosch 2:41:43.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!