Inheemse bome by Amerikaanse ambassade sneuwel
Francoise Steynberg - Die meeste van die inheemse bome by die nuwe ontwikkeling van die Amerikaanse ambassade in Klein Windhoek is met wortel en tak uitgeroei.
Die nuwe Amerikaanse ambassade-kompleks se ontwikkeling vind tans op die ses hektaar grond op die hoek van Metjestraat en Nelson Mandela-rylaan plaas en die meeste inheemse bome het in die slag gebly.
Namib Trees het gister op hul Facebook-blad geskryf dat hulle in 2019 in opname oor al die inheemse bome op die erf vir die Amerikaanse ambassade gedoen het en hulle wil weet waarheen is al die inheemse flora nou.
Namibiërs het op die blad hul woede uitgespreek oor die volskaalse uitwissing van Namibiese natuurlike hulpbronne deur buitelanders.
Daar was onder meer 145 oumabome, 248 witgatbome, 31 aalwyne, 17 kanniedood, asook verskeie sambokbossies en gemsbokhoring op die terrein.
Namib Trees het glo verskeie kere die ambassade gevra dat voor hulle konstruksie afskop, die plante sal help verskuif.
“Die terrein sal die Windhoek-omgewing se inheemse plantegroei weerspieël. Beskermde plantspesies sal op die perseel verskuif of aan die Botaniese Vereniging van Namibië geskenk word,” het die Amerikaanse ambassade in September 2019 aan Republikein gesê.
Die inheemse plante is met rooi en wit linte gemerk en moes ten alle koste bewaar word.
Volgens die kontrak sal die Amerikaanse kontrakteur, B.L. Harbert International van Birmingham in Alabama, verantwoordelik vir die skade van enige beskermde flora op die bouterrein wees.
Die Amerikaanse ambassade het vanoggend op navraag van Republikein ‘n mediaverklaring uitgereik waarin aangedui word dat die meeste van die inheemse bome nie verskuif kon word nie.
“Ongelukkig kon die meeste van die bome weens die vlak wortelselsels in die rotse nie herplant word nie,” het die woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, mnr. Walter Parrs, gesê.
Die aalwyne kon herplant word.
“Die kontrakteur het alle die nodige permitte en toestemming van die regering om die werk te doen. Die kontrakteur sal nuwe bome in die plek van die oues aan Namibië skenk,” sê Parrs.
"Ons gee diep om vir Namibië se natuurlike hulpbronne en ons is toegewyd om alle plante en bome wat bewaar kan word, te beskerm," het die woordvoerder gesê.
Hy sê ’n plaaslike landskapfirma sal ná die voltooiing van die geboue slegs inheemse bome- en plantspesies aanplant.
- [email protected]
Foto Facebook/Namib Trees

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie