Inheemse bome haar passie
Alle plante van saad gekweek
Tanja Bause – “My oupa het die mees ongelooflike groente- en blommetuin gehad. Ek het hom van kleins af in sy groentetuin en met sy vrugtebome en amarillis gehelp. Dis waar my liefde vir plante begin het. Ek was nog altyd baie lief vir plante en plant,” sê Carol Steenkamp, mede-eienaar van Namib Trees Indigenous Nursery.
Carol, wat oorspronklik van Suid-Afrika is, het ná skool plantkunde gaan studeer en ’n meestersgraad in plantekologie behaal.
“Ons het Namibië toe getrek en ek het by die destydse Politegnikum plantkunde in hul departement vir natuurbewaring klasgegee. Dit was aan die begin van die kursus en baie van ons studente was ouer. Hulle het reeds vir natuurbewaring gewerk en net ’n diploma by ons kom doen.
“Dit was vir my baie lekker en interessant; omdat ek nie in Namibië gestudeer het nie, het ek nie die Namibiese plante geken nie. Ek het twee baie goeie mentors gehad en saam met hulle en die studente het ek op baie uitstappies in die hele land gegaan en eerstehands plante leer ken.”
Carol is weer terug na Suid-Afrika en het vir ’n wyle afstandsonderrig by die Vista-universiteit gegee. Hier het sy ook baie Namibiese studente gehad en een keer in die jaar teruggekom.
“Die verbinding met Namibië is só voortdurend behou.”
In 2001 het sy blywend na Namibië teruggekeer en biologie by die Universiteit van Namibië en later natuurlike hulpbronbestuur by die Politegnikum (nou NUST) aangebied.
“In 2007 het ek besluit dis tyd om iets anders te doen. Ek het baie betrokke geraak by omgewingsimpakstudies met die fokus op die ekologie en plantkunde. Toe daar met die ontwikkeling van Elisenheim begin is, was ek vir ’n wyle die omgewingsbestuurder. Dit is ook waar ek met ’n klein kwekery begin het.”
Carol het bure gehad met ’n baie groot erf wat hulle nie gebruik het nie.
“Ek het hulle gevra of ek ’n tonnel daar kan opsit en die man het gesê enige tyd. Ek het so gedoen en my eerste saad gesaai. Alles wat ek gesaai het, was inheems.”
Die tonnel het egter gou ’n bietjie te beknop geraak en sy het op die plaas Krumhuk tonnels opgerig en haar bome verskuif.
“Dié plek was egter ook nie ideaal nie, omdat daar bobbejane was wat ’n probleem was, asook die sterk wind wat aanhoudend daar gewaai het. Ek het aan die Botaniese Vereniging behoort en het een aand op ’n vergadering gevra of iemand nie van ’n plek weet waarheen ek 200 bome kan vat nie.”
Dit is ook die tyd wat sy vir Ian Powell ontmoet het.
“Ian was mal oor inheemse vetplante en ek oor bome. Dus het ons besluit om Namib Trees Indigenous Nursery te begin. Dit was in 2016.”
KWEKERY
Hulle het die perseel in Pionierspark in Windhoek gekry, skadunette opgesit, die 200 bome van Krumhuk verskuif, saad gesaai en vetplante geplant.
“In Oktober het ons ons eerste personeel aangestel en plante aan die publiek begin verkoop.”
Volgens Carol kon mense by ’n paar kwekerye in die stad inheemse bome en plante koop, maar die keuses was baie beperk.
“Die botaniese instituut het ook een keer ’n jaar inheemse plante verkoop, maar dit was dit. Ons het die behoefte vir ’n inheemse kwekery gesien.”
Alle plante, bome, struike, klimplante, vetplante word van saad af gekweek.
“Dit is vir ons ’n baie groot trail and error en ons eksperimenteer die hele tyd. Sommige sade moet gerook word, ander moet geskuur word, ander moet in warm water lê sodat hulle kan ontkiem. Daar is soveel verskillende maniere waarop die saad behandel moet word voordat hulle gesaai word.
“Ons probeer maar al die verskillende maniere. Soms is ons baie suksesvol en amper 100% ontkiem, ander kere ontkiem net 2%.”
In Februarie 2021 het ’n perseel in Klein Windhoek beskikbaar geword en het Namib Trees na dié buurt uitgebrei.
“Ek is baie passievol oor bome en dit maak my kwaad as ek sien ontwikkelaars kap hulle net eenvoudig af. Ek weet hoe lank dit vat vir ’n inheemse boom om te groei. Daar is bome wat redelik vinnig groei en dan is daar bome soos die witgatboom wat baie stadig groei.
“Ons het saailinge wat nou al drie jaar oud is en skaars 10 cm hoog is.”
Die drie vennote in Namib Trees – Carol Steenkamp, Ivor Powell en Silke Rügheimer – roem hulleself op hul kennis.
“Ons is al drie kenners in inheemse plante. Wanneer jy na die kwekery toe kom, sal jy die beste raad kry oor watter boom of plant waar te plant, wat jy kan doen as ’n plant siek is. Ivor doen ook die uitleg van tuine en ek en Silke kies die plante en bome wat geplant moet word.”
Omdat hulle ook beskermde plante verkoop, het hulle ’n permit van die ministerie van die omgewing, bosbou en tourisme wat dit toelaat.
“Ons gee ook vir mense wat ’n beskermde plant koop ’n permit. Soos wanneer iemand byvoorbeeld ’n kokerboom koop, kry hy ’n permit. Daar is op die oomblik ’n skerp toename in die handel van beskermde spesies.”
Die Namib Trees kwekery het op die oomblik sowat 50 verskillende soorte inheemse bome en 20 struike. Hulle het ook grasse, bolle, rankplante en vetplante.
“Ons probeer om so ’n groot verskeidenheid as moontlik te hê, maar omdat ons alles van saad af groei, is dit nie so maklik nie. Ons moet die saad versamel en alles het nie op dieselfde tyd saad nie, maar ons probeer.”
Die voordele van ’n inheemse tuin is die min water wat die plante gebruik, dat die plante nie noodwendig in ’n droogte sal vrek nie en ’n groter biodiversiteit met die voëls en insekte wat deur die inheemse plante gelok word.
“Ons groei inheemse plante en verkoop hulle en hopelik maak ons ’n verskil. Ons het die afgelope jare duisende inheemse bome verkoop en dit kan net goed wees vir die biodiversiteit en die land in geheel.”
VENNOTE
Ivor Powell het ’n plaas in die Namib gekoop en verlief geraak op die plante wat by die woestynomgewing aangepas het. Hy het agtergekom daar was geen kwekerye wat dié plante verkoop het nie en Namib Trees was die gulde geleentheid om hierdie unieke plante vir almal beskikbaar te stel.
Silke Rügheimer is ’n gekwalifiseerde botanikus met ’n BSc honneursgraad in planttaksonomie en fisiologie. Sy het vir 18 jaar vir die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut gewerk, waar sy kennis in die versameling, identifisering en groei van inheemse plante opgedoen het. Haar passie is om inheemse plante vir stedelike tuine te bevorder.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie