Inkoopsentrum binnekort ’n werklikheid
Sowat 800 direkte werkgeleenthede word met die nuwe winkelkomplek vir inwoners van Okahandja geskep.
Die tuindorp gaan eersdaags met ’n moderne inkoopsentrum spog, nadat Germou Holdings dié belangrike projek aangepak het om die kleinhandellandskap van die dorp noemenswaardig te verander.
Met konstruksie wat in Februarie verlede jaar begin het, bereik die ontwikkeling nou sy finale fase en daarmee saam raak Okahandja se inwoners al hoe meer opgewonde.
Die Okahandja Inkoopsentrum, wat ’n filiaal van die houermaatskappy is, is een van die grootste private beleggings wat nóg op die dorp gemaak is – bykans N$180 miljoen.
Infrastruktuurontwikkeling bly ’n belangrike werktuig vir die ontwikkeling van ’n land soos Namibië. Volgens Germou Holdings – ’n Namibiese maatskappy in private besit – het die nuwe ontwikkeling reeds ’n positiewe impak op werkskepping op die dorp, en verbeter dit die produk- en diensaanbod wat aan inwoners en besoekers aangebied kan word.
Na verwagting sal die sentrum ’n minimum van 800 direkte werkgeleenthede vir Okahandja se inwoners skep.
Germou Holdings se toegewyde professionele bestuurspan het verseker die ontwikkeling verloop volgens skedule.
Die ontwikkeling bestaan uit kleinhandelspasie wat in twee fases gedeel is, met fase 1 wat uit sowat 9 600m² bestaan en fase 2 wat sowat 8 700m² beslaan. Bekende kleinhandelaars soos Shoprite, Edgars Active, Legit, Jetmart, Pep, Dunns, Bears, Sheet Street, Mr. Price, Franco Cerato, Beaver Canoe, Style en Hungry Lion het reeds winkelspasie gehuur.
’n Splinternuwe Spur wag ook op inwoners.
First National Bank Namibia, Nedbank en Bank Windhoek sal bankdienste aan die sentrum se kliënte bied, terwyl MTC ook reeds winkelspasie bespreek het.
Die sentrum bied egter ook talle geleenthede vir plaaslike entrepreneurs, met ’n diensaanbod wat spesifiek op SMEs – veral dié van Okahandja – gemik is.
Met hierdie wye verskeidenheid inkopiemoontlikhede sal selfs diegene wat gewoonlik net deur die dorp ry, nou ’n goeie rede hê om stil te hou.
Die nuwe sentrum beskik oor 108 kleinhandelspasies, met die opening wat in drie fases gedeel is. Fase 1 sal eersdaags open sodra 11 winkels ten volle voltooi is. Daarna sal ’n stel winkels elke week tot einde Mei hul deure open. Fase 3 sal na verwagting teen einde September vanjaar voltooi wees.
“Deur hierdie projek poog ons om ons toewyding tot die ontwikkeling en groei van ons land te vys,” het mnr. Garth Mouton, projekbestuurder van Germou Holdings, gesê.
Die inkoopsentrum is op die hoek van die B1 en die M187 (Gross Barmen-pad) geleë.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie