Inligting bemagtig
Gister is die Internasionale Dag vir Universele Toegang tot Inligting ook die heel eerste keer in Namibië gevier.
Wat die aanvaarding van hierdie gedenkdag deur Unesco betref, kan Namibiërs trots wees dat ons land soos met die instelling van Wêrelddag vir Persvryheid (3 Mei) ‘n sleutelrol gespeel het.
Toegang tot inligting as ‘n werktuig om elke persoon optimaal te bemagtig, sal ‘n sleutelrol in die behaling van die Verenigde Nasies se nuwe Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) speel. Sere soos armoede, honger, gebrekkige opvoeding, klimaatverandering en baie ander uitdagings, kan nie meer tydelik met pleisters toegeplak word wat later maar net afdop van wonde wat eerder net verder ontsteek het nie.
Vooruitgang verg die oop, deursigtige en verantwoordbare bestuur van alle bronne.
Regerings kan nie net deursigtig wees wanneer dit hul pas nie. Dit moet ‘n kultuur word.
Uiteindelik is konsepwetgewing wat toegang tot inligting aan alle inwoners sal waarborg ook in Namibië op die tafel. Die wet sal hopelik volgende jaar deurgevoer word.
Toegang tot inligting is nie net nodig om korrupsie en ander euwels te ontbloot nie. Die bondige en treffende oordrag van inligting wat inwoners in staat sal stel om nuwe deure in hul lewens oop te stoot, is minstens ewe belangrik, of selfs noodsaakliker.
Toegang sal deurlopend opgeëis en die kwaliteit van inligting nougeset beoordeel moet word. Inligting sal ook baie beter as nou bestuur moet word.
Net ingeligte burgers kan Namibië en die wêreld ‘n beter plek vir almal maak.
So sê ander
28 September 2016
Hoe ry die soustrein sit-sit so . . .
Daar is ’n starre, ontstellende ironie in die aansoeke van ministers asook staatsdepartemente en -entiteite om van verpligte kostebesparingsmaatreëls af te wyk.
In die jaar waarin kampusse oor onderriggeld brand, reken iemand soos minister Malusi Gigaba byvoorbeeld sy ondersteuningspersoneel moet saam met hom eerste klas vlieg.
Dit blyk dat die tesourie van 1 April 2015 tot 31 Julie vanjaar 31 aansoeke om afwykings van staatsdepartemente en -entiteite ontvang het. Hiervan is 24 afgekeur.
Dit is betreurenswaardig dat “ ’n afwykingskomitee” hoegenaamd gestig moes word om oor sulke sake te besluit en des te meer tragies dat daar soveel aansoeke was.
Maar hoe tragies dít ook al is, is dit nie verrassend nie in ’n land waar R246 miljoen in die president se eie agterplaas by Nkandla – daar, reg onder sy neus – geblaas is.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie