Inloertoer
Ons taal lewe in ons hande wanneer ons dit skryf, in ons oë wanneer ons dit lees, in ons monde wanneer ons dit praat, in ons ore wanneer ons dit hoor, maar veral ook in ons harte wanneer ons dit soos woordwater in ons wese indrink van loutere lekkerte.
Daar is weinig dinge op aarde wat my hart so laat huppel soos ‘n pasgebore woord. Nou praat ek nie van ‘n woord wat kunsmatig aanmekaargeflans is nie, ek praat van daardie woorde wat absoluut natuurlik in iemand se mond vorm kry – dit is vir my die onomwonde bewys van ‘n taal se lewenskrag wanneer iemand spontaan ‘n woord maak wat presies vir daardie situasie uitgeknip is.
Dit hoef nie noodwendig wéér gebruik te word nie, maar op daardie tydstip van die ewigheid pas dit perfek. Tog is sommige van dié nuwelinge so in die kol dat dit wyd en syd gebruik kan word, en as die regte mense net daarvan kan hoor en die woord kan versprei, kan dit deel raak van ons skitterende woordeskat.
Ek dink byvoorbeeld aan die woord “inloertoer” vir die Engelse roadshow wat my man ‘n klompie jare gelede vir Kanaal 7 se landswye besoeke uitgedink het. Hoe heerlik was dit tog vir my toe ek hoor dat Hartklop FM dit ook gebruik!
Die WAT se jaarlikse nuutskeppingkompetisie het pas weer afgeskop. Stuur jou nuutskepping na [email protected] met “Nuutskeppings” in die onderwerpveld. Loer van eerskomende Maandag af na die kitspeiling op www.rsg.co.za
Daar is kontantpryse en die uiteindelike wenner kry vier dae vir vier mense by 'n ATKV-oord. Dalk gee jou gemunte woord vir jou ‘n stapel munte!
Petronella F. Genis
[email protected]
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie