Innovering kan voedselsekuriteit ’n hupstoot gee
Boere moet planne maak
Dr. Kobus Laubscher – Die wêreldbevolking groei tans vinniger as die landbouers se vermoë om genoeg kos te produseer en ingryping is noodsaaklik.
In die lig daarvan gee die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) leiding om deur innovering ’n verskil te maak.
Innovering is nie tegnologie nie. Dit is resultaat van innoverende denke en die ontwikkeling van dié drome. Landbou kan vele voorbeelde noem van waar innovering letterlik ’n wêreld se verskil gemaak het.
Groot en nuwe uitvindings is dikwels rigtingveranderend. Dink byvoorbeeld aan die mate waartoe die ontwikkeling van geneties gemodifiseerde organismes (GMO’s), produksie op sy kop gekeer het.
Nie alleen het sulke tegnologie gebiede vir kosproduksie geopen nie; dit het produktiwiteit ’n reusehupstoot gegee. Trouens, ’n mens staan verstom oor watter grense verskuif is in byvoorbeeld Suid-Afrika in terme van die aantal hektare wat aan mielieproduksie gewy word versus die totale oeste.
Siektebestande saad en genetika by vee sowel as die keuses wat gemaak kan word, het gebiede ontsluit vir kosproduksie wat enkele jare gelede totaal ongekend was. Die nuutste is die sogenaamde vertikale boerderye, waar gewasse geproduseer word onder intensiewe omstandighede omdat daar gewoon nie meer grond beskikbaar is nie.
Sulke produksie-eenhede vind ons nou op die dakke van woonstelblokke in metropole en ander bewoonde gebiede. Stedelike boerdery op sy beste.
Wat siektebeheer by lewendehawe betref, het opgietbare siektebeheer ’n revolusie veroorsaak. Tegnologie wat vleis op ’n winkelrak kan hou vir tot ses weke sonder verkoeling, skep nuwe markte en kan meer mense kos gee.
Wat egter belangrik is, is dat innovering en die gevolglike toegepaste tegnologie nie geïsoleerd benader moet word nie. Die uitvinder kry na baie probeerslae iets reg wat anders werk of die belofte inhou van veranderde werksverrigting. In vele opsigte is dit die boer self wat planne maak om sy taak te vergemaklik, maar dié plan se toepassing is afhanklik van ‘n legio faktore.
Een daarvan is geduldige en visionêre beleggers. Ondersteuning in dié verband kom kort, veral in Afrika.
Dikwels is die nuwe plan uit nood gebore, maar vind dit toepassing op ‘n plaas. Die verdere gebruik daarvan is ongelukkig onvolledig. Waar dit wel gerugsteun word deur kapitaal, is die impak verrykend.
Nampo skep jaarlikse so ‘n platvorm waar patente uitgestal word en ‘n onlangse suksesverhaal is waar sulke tegnologie nou aangewend kan word met internasionale bestellings.
Een van die uitvinders het implemente gebou vir kleinboere, is raakgesien en was suksesvol met ‘n tender waar meegeding is met China. Dié Vrystaatse uitvinder se produkte is verkies bo dié van die Chinese en as sodanige is nuwe besigheidsgeleenthede geskep met wydlopende positiewe implikasies.
Innoveerders het egter ook met baie uitdagings te kampe. Weliswaar is finansiering seker die belangrikste, want telkens moet mens hoor dat ontwikkeling gestaak is as gevolg van te min geld.
Derhalwe word die FAO se inisiatief verwelkom aangesien dit die noodsaaklikheid van deurlopende innoveringvan grondvlak af op, erken, en help in die strewe na voedselsekuriteit.
Suksesvolle innovering moet toepassing vind en aangemoedig word. Soos wat dit op plaasvlak ‘n verskil maak, moet dieselfde in die waardeketting gebeur.
Rakleeftye wat verleng word, die vloei van markinligting en om selfs voorligting te kan doen deur middel van ‘n SMS van 160 karakters, gee praktiese gestalte aan uitvindings.
Afrika se demografiese dividend is positief indien die groot aantal jongmense aangespoor word om betrokke te wees/betrokke te raak by innovering.
Indien nie, stuur ook Afrika met al sy potensiaal op ’n ramp af.
Meer moet met minder gedoen word, maar dan moet ’n boer ’n plan kan maak en sy planne tot uitvoering gebring word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie