Innovering nodig vir behuising
Bou-entrepreneur skryf:
Ek reageer graag op die hoofartikel van 20 Junie 2017, "Behuising 'n uitdaging".
Ons lees gedurig in die media van hierdie probleem wat voortduur al vir dekades lank. Na wat dit voortkom sal dit nooit opgelos word nie tensy daar ander opsies ondersoek en aangewend word om die probleem op te los.
Die argitek waarna in die hoofartikel verwys word, is heeltemal reg. Ek ondersteun sy standpunt ten volle. Ander boumetodes moet ondersoek en getoets word om gebruik te word.
Ons lees ook van toesprake waarin gepraat word van werkloosheid aan die een kant en aan die ander kant weer van entrepreneurs, innovering en produkte van plaaslike Namibiese produsente wat voorkeur moet geniet om doelwitte te bereik. In die boubedryf sien mens dit egter byna nooit nie, want daar word volgehou met die konvensionele metodes terwyl almal weet dit bring geen onmiddellike verligting nie en word al hoe duurder.
Persoonlik het ek reeds jare gelede 'n boumetode ontwerp en ontwikkel waarmee enige tipe steenmuur, steenhuis of steengebou opgerig kan word teen billiker pryse in vergelyking met die konvensionele metode. Ek het self daarmee verskeie geboue opgerig wat as demonstrasies dien.
Hierdie metode is gemik op almal in die boubedryf, naamlik die goewermentinstansies en munisipaliteite, boukontrakteurs, plaasboere en die doen-dit-self erfeienaars. Hiermee word werkloosheid aangespreek, want die bouers vervaardig die sementstene terwyl die muur gebou word, alles in een proses. Geen steenmakerydienste is nodig nie.
So het ek my geboue opgerig met minimum poging en minimum uitgawes sonder om kwaliteit op te offer. Dit kan gedoen word as die wil teenwoordig is om te werk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie