Inperking en huishoudelike geweld stook
Jana-Mari Smith - Terwyl mense tuis ingeperk is, kan ’n toename in huishoudelike geweld die volgende Covid-19-noodgeval word – aangevuur deur angs oor gesondheid en finansiële onsekerheid.
Dr. Veronica Theron, tegniese adviseur in die kantoor van die eerste dame, sê tydens ’n krisis verhoog die risiko vir geslagsgegronde geweld.
“Ons weet geslagsgegronde geweld het sy wortels in mag, woede en beheer. Mense mag tans ’n gebrek aan beheer oor hul lewens ervaar.”
Theron sê diegene wat reeds onder omstandighede woon, waarin hulle mishandel word, sal waarskynlik deur “erger geweld” in die gesig gestaar word “en kan nie langer ontsnap deur werk toe te gaan of vriende te besoek nie”.
Sy het gemaan hoewel die handhawing van sosiale afstand belangrik is, “moet ons erken dit (die inperking) bied ’n geleentheid aan geweldenaars om meer geweld te pleeg”.
Volgens haar kan die pandemie nie net fisieke mishandeling laat toeneem en minder moontlikhede bied om die huis te verlaat gedurende stormagtige tye nie, maar ook kwesbare vroue verder in ekonomiese afhanklikheid dompel.
Ekonomiese afhanklikheid word as ’n groot struikelblok beskou om uit gewelddadige verhoudings te ontsnap.
Dr. Shaun Whittaker, ’n kliniese sielkundige, waarsku ook emosionele en finansiële druk kan lei tot ’n toename in huishoudelike geweld oor die volgende maande.
Theron het benadruk voorkoming is deurslaggewend om “deur die nuwe normaal te beweeg”.
Sy het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om bedag te wees op die veiligheid van vriende en familie en om in te tree voordat geweld die hoogte inskiet.
SILWER RAND
Die hoof van die polisie se skakelafdeling, adj.komm. Kauna Shikwambi, het dié week gesê sy hoop die verbod op die verkoop van alkohol kan tot ’n afname in huishoudelike geweld lei.
Sy sê alkoholgebruik word dikwels aan geweld gekoppel en die polisie het sedert die inperking ’n effense daling in die aangemelde sake van geslagsgegronde geweld ervaar.
Dit geld ook vir oortredings, soos huisbrake en motorongelukke, het Shikwambi gesê.
Volgens Whittaker is die inperking ook ’n geleentheid vir gesinne om gehaltetyd saam deur te bring en om mekaar van nuuts af te leer ken. Dit kan ook ’n geleentheid vir vernuwing wees.”
HULPNOMMERS:
Namibiese polisie 10111
Stadspolisie 061 320320
Lifeline/Childline by 116, 106 en 232221. Noodlyne is tussen 08:00 en 20:00 beskikbaar.
Regain Trust by 0817033203
Bel Esprit by 0833300945

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie