Inperking ‘verwoestend’ vir boubedryf
Die ressessie het reeds tot ’n verlies aan kapasiteit en grootskaalse afleggings gelei.
Henriette Lamprecht - Die grendeltydperk het ’n verwoestende uitwerking op die konstruksiebedryf in Namibië gehad, met 70% van die bedryf wat reeds voor dit teen ’n verlies gewerk het.
Volgens me. Bärbel Kirchner, konsulterende hoofbestuurder van Construction Industries Federation of Namibia (CIF), het die konstruksiebedryf sedert 2015 ’n reuse-insinking beleef. Waar die bedryf destyds 7,2% tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) bygedra het, het dit laasjaar tot 2,9% gedaal.
“Dit is ’n bedryf wat baie sleg deur die ressessie getref is en baie besighede het gesluit. Dit het tot ’n reuseverlies aan kapasiteit en grootskaalse afleggings gelei,” sê Kirchner.
Volgens haar het die bedryf sowat 60 000 werknemers gehad, maar sowat die helfte het dit reeds verlaat. Sy sê die bedryf het aan die begin van die jaar “effense groei” getoon.
Die grendeltydperk het opnuut ’n “verwoestende uitwerking” op die bedryf gehad met werkers in die bedryf wat net ’n inkomste het as hulle op ’n bouperseel is, sê sy. Kirchner sê 70% van die bedryf het reeds voor die grendeltydperk teen ’n verlies gewerk. Dié situasie het daartoe gelei dat maatskappye hul deure moes sluit of afgradeer of bankkrot verklaar is.
Volgens haar sluit probleme wat op korttermyn ervaar word, probleme met kontantvloei in wat gedeeltelik getakel kan word deur die uitbetaling van belasting op toegevoegde waarde (BTW) asook die betaling van kontrakteurs. Sy het ook verwys na die aansporings tans deur die Maatskaplike Voorsorgfonds (SSC). Nog ’n hupstoot kan in die vermindering van korporatiewe en persoonlike belasting lê.
CIF het die regering genader om ’n taakmag op die been te bring om die bedryf “weer aktief” te kry.
Kirchner het gevra vir die vestiging van ’n konstruksieraad wat die bedryf reguleer.
“Tans kan enige persoon ’n kontrakteur wees. So ’n raad sal help om groter en meer regverdige beheer toe te pas.”
Sy het die optimale ontwikkeling van die bedryf beklemtoon omdat fondse wat daardeur gegenereer word, in die land bly. Volgens Kirchner is dit ook “baie kritiek” om beleggings na die bedryf te lok.
Sy het beklemtoon die bedryf is gereed om die voorkoming van die verspreiding van Covid-19 te voorkom.
NHE TOT STILSTAND
Op sy beurt het mnr. Eric Libongani, bestuurder vir korporatiewe kommunikasie en bemarking van die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), gesê konstruksie by die NHE het tot ’n totale stilstand gekom en geen huise word tans vir die onderneming gebou nie. Ook die verwerking van alle aansoeke vir huise is gestop.
“Alles het letterlik tot stilstand gekom. Geen opknappingswerk word gedoen nie, terwyl die registrasie van verbande en die oordrag van eiedom ook gestaak is,” het Libongani gesê.
Volgens hom beteken dit paaiemente word gevolglik ook nog nie betaal nie. Laasgenoemde het ’n reuse-invloed op die NHE se inkomste.
“NHE steun swaar op die rente wat ons van kliënte kry.”
Huise wat reeds voltooi is, is ook tans as gevolg hiervan onbeset. Omdat van die huise leeg staan, is sekuriteit nou teen bykomende koste nodig om dit te beveilig.
Volgens Libongani is die aanstelling van kontrakteurs vir die nuwe fase huise wat vanjaar gebou moet word, ook op ys geplaas. Dit beteken volgens hom kontrakteurs kon op hul beurt nie werkers aanstel nie. Boonop “stagneer” die reeds lang waglys wat die NHE vir huise het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie