Inperkings vee SADC-vooruitgang uit
Selfs met talle SADC-lande wat mieliesurplusse toon en pryse wat laer as in 2020 behoort te wees, beteken ‘n verlies aan of kleiner inkomste dat koopkrag laag sal wees.
Elvira Hattingh – Covid-19-inperkings het tot ‘n katastrofiese 7% inkrimping van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-streek se bruto binnelandse produk (BBP) gelei.
Daarbenewens het die pandemie alle vooruitgang uitgevee wat oor die afgelope twee dekades in terme van die uitwissing van armoede in die streek gemaak is.
Volgens ’n verslag oor die toestand van voedsel- en voedingsveiligheid en kwesbaarheid in Suider–Afrika deur SADC se kwesbaarheidsassessering en -ontledingsprogram (RVAA), is die streek nou slegter daaraan toe as ‘n jaar gelede. Die verslag is in die afgelope maand uitgereik.
Alhoewel armoede en ‘n gebrek aan voedselsekuriteit voorheen reeds wydverspreid in Suider-Afrika voorgekom het, ervaar tot 5,5% méér mense vanjaar ‘n gebrek aan voedselsekuriteit.
Dit kom neer op altesaam sowat 47,6 miljoen mense in tien lidlande, wat ook 34,3% méér as die vyfjaargemiddeld is - aldus die verslag.
In die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) is ‘n 25% toename ervaar in die aantal mense wat ‘n voedselkrisis ervaar; dit het vermeerder van 21,8 miljoen na 27,3 miljoen mense. Dié syfer het egter verhoog omdat meer gemeenskappe vanjaar by die opname ingesluit is.
In Madagaskar het die aantal mense wat ‘n gebrek aan voedselsekuriteit ervaar, jaar-op-jaar met 136% verhoog. Die gebrek aan voedselsekuriteit sal tussen November 2021 en Maart 2022 vererger, wanneer talle bestaansboere hul eie voedselreserwes sal uitput – voor die volgende oesseisoen in April 2022.
Volgens die verslag is wanvoeding onder veral kinders ‘n groot bron van kommer, met tot 19 miljoen kinders in die SADC-streek wat vertraagde groei toon. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) klassifiseer elke lidland as hoog of baie hoog op die maatstaf vir gebrekkige groei onder kinders.
REËN
Gunstige reën en verbeterde lewendehaweproduksie het ook oor die grootste dele van die streek voorgekom, met Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe wat mieliesurplusse toon.
Tog is die afgelope seisoen ook geken aan té veel reën, gekoppel met ‘n verwoestende sikloon-seisoen waartydens altesaam vyf sulke weerstelsels Suider-Afrika bereik het. Die storms het tot 500 000 mense geraak en meer as 219 000 hektaar landbougrond beskadig.
Daarteenoor het sommige lidlande lang droogtes midde die reënseisoen ervaar, wat insluit Angola, die DRK, Namibië, Madagaskar en Mosambiek.
Die bo-gemiddelde produksie van grane in talle SADC-lidlande behoort egter te help dat die pryse van stapelvoedsel laer as in 2020 sal bly.
“Selfs met genoegsame produksie sal ‘n kleiner inkomste of verliese daarvan as gevolg van die Covid-19-pandemie beteken mense se koopkrag is laer,” lei die verslag.
Vir talle in die streek was vier uit die afgelope ses reënseisoene egter baie swak, met 2020–’21 s’n wat ‘n uitsondering was. Die uitbreking van treksprinkane in onder meer Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe, dra ook by tot ‘n gebrek aan voedselsekuriteit.
Volgens die verslag het SADC-lande teen 1 Julie vanjaar 2,5 miljoen gevalle van Covid-19 aangemeld, met 72 000 sterftes.
Die 16 SADC-lidlande is Angola, Botswana, Comoro-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mozambiek, Namibië, Seychelles, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie