Inspekteur getuig oor moordtoneel, bewyse
Agt leë koeëldoppies en vyf projektiele is op die moordtoneel gevind en as bewysstukke versamel en later na die Namibiese Instituut vir Forensiese Wetenskap geneem.
Kristien Kruger
'n Staatsgetuie het verlede Woensdag en Donderdag oor die misdaadtoneel, bewysstukke en die hantering van bewysstukke getuig in die dubbele moordverhoor wat in die hoërhof in Windhoek hervat het.
Hoofinspekteur Dino Skrywer was destyds die adjudant-offisier van Walvisbaai se misdaadtoneeleenheid wat die oggend van 15 April 2019 die moordtoneel ontleed het by die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se Arandis-kampus – waar twee senior bestuurslede, mnre. Eckhart Mueller (72) en Heimo Hellwig (60) doodgeskiet is.
BEWYSSTUKKE
Skrywer het Woensdag getuig hy het verskeie foto's van die toneel geneem en bewysstukke bymekaargemaak.
Die bewystukke is volgens hom op die toneel in aparte koeverte gesit en geseël. Dit sluit in 'n aantal leë koeëldoppies en projektiele van die skote wat na bewering deur die beskuldigde, mnr. Ernst Josef Lichtenstrasser, afgevuur is.
Hy het glo vier projektiele en agt koeëldoppies op die toneel gekry.
Die nadoodse ondersoek, waar Skrywer ook teenwoordig was en foto's geneem het, het getoon Mueller het vier gefragmenteerde projektiele in sy liggaam gehad.
“Ek weet nie hoeveel skote afgevuur is nie. Ek is nie 'n ballistiese kenner nie,” het Skrywer vir mnr. Albert Titus (Lichtenstrasser se regsverteenwoordiger) tydens kruisondervraging geantwoord.
Buiten die bewysstukke wat Skrywer by die misdaadtoneel ingesamel het, het hy getuig hy het ook ander bewysstukke van die Namibiese polisie ontvang wat hy in hul stoorkamer gebêre en later saam met die ander bewysstukke na die Namibiese Instituut vir Forensiese Wetenskap (NIFS) geneem het.
Die ander bewysstukke sluit in koeëldoppies van 'n skietbaan op Tsumeb waar 'n vorige staatsgetuie getuig het Lichtenstrasser het sy vuurwapen by die skietbaan afgevuur, asook koeëldoppies wat in Lichtenstrasser se huis op Otavi gevind is.
Agtien 9 mm-rondes ammunisie en 'n 9 mm-pistool wat die polisie ná die voorval onder 'n rots in die woestyn gekry het, vorm ook deel van die bewysstukke wat Skrywer in April en Mei 2019 na die NIFS geneem het.
GEEN BLOED OP KLERE
Skrywer het tydens kruisondervraging verduidelik adjudant-offisier Engelhardt Garoëb het Lichtenstrasser se klere vir hom gebring wat hy op die dag van die voorval aangehad het.
“Die klere was los en ek het dit afgeneem. Dit was 'n T-hemp, denimbroek en baadjie.
“Ek het dit in drie aparte bruinpapiersakke gesit en met sellotape geseël,” het Skrywer verduidelik.
Die sakke was volgens hom later na NIFS gestuur sodat hulle kan toets of daar kruit op is.
Skrywer het tydens kruisondervraging gesê hy het geen bloed op die klere opgemerk toe hy dit afgeneem het nie.
Lichtenstrasser was 'n werknemer by Nimt en het as dosent by die instelling se Tsumeb-kampus gewerk.
Volgens beweringe het die bestuur besluit om Lichtenstrasser na Nimt se Keetmanshoop-kampus oor te plaas en dat hy ongelukkig met dié besluit was.
Daar word beweer dat Lichtenstrasser voor die voorval 'n paar jaar lank op die Tsumeb-kampus van die instelling in diens was, wat naby sy woning in Otavi was en dat hy ontevrede was oor die besluit om hom na die Keetmanshoop-kampus te stuur.
Skrywer is steeds in die getuienisbank en kruisondervraging duur voort. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie