Inspekteurs gaan dobbelhuise takel
Die eienaars van onwettige dobbelhuise betaal glo nie enige fooie of heffings soos die dobbelwet vereis nie.
Henriette Lamprecht - Die ministerie van die omgewing en toerisme het 60 dae om genoeg inspekteurs te ontplooi om onwettige dobbelhuise uit te wys.
Dít volgens 'n hofbevel wat artikel 42 van die wet op kasino's en dobbelhuise afdwing.
Die hofbevel gee ook opdrag dat die ministerie binne drie maande 'n verslag aan die hof voorlê wat al die stappe vir die implementering van dié proses uitstip.
Die bevel volg ná die Vereniging vir Dobbelhuise in Namibië en Bandits Gambling cc die ministerie, die kasinoraad en die prokureur-generaal voor die hof gedaag het om beslag op alle onwettige dobbelmasjiene te lê en alle onwettige werksaamhede stop te sit.
Lede van die vereniging het saam 71 dobbelhuislisensies en 579 dobbelmasjiene onder hul beheer.
Bandits Gambling cc verteenwoordig volgens hofstukke 'n kapitale belegging van sowat N$35 miljoen, terwyl die totale belegging van al die lede van die vereniging miljoene meer verteenwoordig.
Lede het die afgelope vyf jaar glo minder inkomste verdien omdat die ministerie nie daarin kon slaag om te verseker die bepalings van die wet op kasino's en dobbelhuise word voldoende geïmplementeer nie.
Die gevolg is 'n “verwoestende uitwerking” op die bedryf en nie net op lede se winsgewendheid nie, maar selfs ook op hul volhoubaarheid.
Lede betaal getrou hul fooie volgens wet, terwyl onwettige operateurs dit nie doen nie en hul besighede sonder lisensies, en dus onwettig, bedryf.
Danksy 'n wysiging in die wet betaal wettige operateurs nou 'n de facto fooi wat tans 25% is teenoor 'n fooi van 10% van die netto maandelikse inkomste van 'n dobbelhuis sonder om te onderskei tussen die aantal jare wat dit in bedryf is.
Ook bestee wettige dobbelhuise 'n totaal van 20% van hul inkomste aan belasting op toegevoegde waarde en heffings.
'n Jaarlikse lisensiefooi van N$10 000 is ook betaalbaar, plus 'n verdere fooi van N$1 000 per dobbelmasjien of toestel.
“Die eienaars van onwettige dobbelhuise betaal duidelik nie enige fooie of heffings nie. Dit beteken hulle hoef nie die uitgawes aan te gaan wat die wettige operateurs aangaan nie. Dit lei tot verhoogde netto winste wat hulle in staat stel om meer tegnies gevorderde toerusting teen 'n baie hoër koers as wettige operateurs aan te koop,” lui die hofstukke.
Die minister van toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het in Junie tydens 'n bespreking van die nuwe dobbelwet aan sakelui op Oshakati gesê geen onwettige dobbelmasjien sal gekonfiskeer word en geen onwettige dobbelhuis sal gesluit word nie.
Volgens hom is daar net 2 800 gelisensieerde dobbelhuise, en meer as 100 000 onwettige masjiene.
Hy het ook gesê die onwettige besighede verskaf werk aan baie mense, wat dit gaan verloor sou dit gesluit word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie