Instagram maak jou rekening su00f3 veiliger
Instagram maak jou rekening su00f3 veiliger

Instagram maak jou rekening só veiliger

Yandi Du Plessis
Instagram het Dinsdag sy nuwe funksie, Security Checkup, bekend gestel wat mense help om hul Instagram-rekeninge veilig te hou.

Dit is in die pas met die huidige trant in sekerheid en veiligheid op die internet waarin gebruikers groter beheer oor hul inligting vereis.

Volgens Instagram se webwerf is Security Checkup veral vir mense wie se rekeninge gekaap is. Dit help mense deur die stappe wat nodig is om dit te weer te beveilig.

Dit sluit in hoe om aan te meld, die hersiening van profielinligting, die bevestiging van die rekeninge wat aanmeldinligting deel en die bywerking van kontakinligting vir die herstel van ’n rekening, soos telefoonnommer of e-pos.

Volgens die maatskappy sal verbruikers hul rekening kan herstel selfs al is hul inligting deur kuberkrakers verander.

Die maatskappy sê die nuwe funksie is net een manier hoe gebruikers hul rekeninge kan beskerm.

Instagram beveel aan dat gebruikers tweefaktor-verifikasie via WhatsApp aktiveer.

“As jy WhatsApp gebruik, sal jy in die komende weke in sekere lande jou rekening met jou WhatsApp-nommer kan beskerm. Alternatiewelik kan jy tweefaktor-verifikasie met jou telefoonnommer of ’n verifikasie-app soos Duo Mobile of Google Authentication gebruik.”

Hersien jou telefoonnommer en e-posadres: Maak seker dat die e-posadres en telefoonnommers wat jy met jou toestel gebruik, korrek is. So kan Instagram jou in die hande kry as iets met jou rekening gebeur.

Besoek Instagram se hulpsentrum vir meer inligting. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer