Instandhouding knou Mondi se wins
Vida Booysen - Die papierreus Mondi se instandhoudingswerk aan sy meulens het sy halfjaarwins geknou.
Die internasionale verpakking-en-papiergroep se onderliggende wins het in die ses maande tot einde Junie met 6% tot €497 miljoen gedaal nadat die waardasie van sy bosboubates afwaarts aangepas is.
Dié daling word deur Peter Oswald, Mondi se uitvoerende hoof, toegeskryf aan die invloed van meulens wat stilgestaan het terwyl noodsaaklike instandhoudingswerk gedoen is. Die koste van die produksiestilstand tydens instandhoudingswerk was €40 miljoen teenoor €20 miljoen in die vorige ooreenstemmende tydperk.
“Die styging in billike waarde van ons Suid-Afrikaanse bosboubedrywighede (€20 miljoen in 2017 teenoor €48 miljoen in 2016) was ook aansienlik laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.”
Die groep, wat in meer as 30 lande sake doen, het in die ses maande goeie vordering gemaak met groot kapitaalprojekte en weer eens sy voetspoor in verskeie lande vergroot, sê Osborne.
“Daar is begin met die volgende ontwikkelingsfase van ons wêreldgehalte-aanleg in Swiecie, Pole, terwyl goeie vordering met die modernisering van ons papierfabriek in Štetí in die Tsjeggiese Republiek gemaak is.”
Hy sê die markvooruitsigte lyk goed, met ’n sterk vraag veral na riffelkarton en verpakkingsmateriaal.
“Prysverhogings wat in die eerste helfte van die boekjaar op sekere graderings papier ingestel is, behoort teen die tweede helfte van die boekjaar ’n positiewe impak te hê.”
Die groep se groei in verkoopsvolumes en die positiewe uitwerking van die hoër pryse is egter negatief deur hoër insetkoste, veral van elektrisiteit en hout, beïnvloed.
Mondi, wat ook op die Londense beurs genoteer is, se omset in dié tydperk was €3,5 miljard. Dit is 8% hoër as die vorige ooreenstemmende tydperk se €3,3 miljard. Die onderliggende verdienste per aandeel voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) het met 0,5% van €714 in 2016 tot €710 in die huidige ses maande geval.
’n Tussentydse dividend van 19,10 eurosent per aandeel is verklaar. Die aandeelprys het in oggendverhandeling op die JSE met 3,8% tot R345,10 gedaal. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie