Intelligensiediens verloor saak teen koerant
Intelligensiediens verloor saak teen koerant

Intelligensiediens verloor saak teen koerant

Ronelle Rademeyer
‘n Slag is vanoggend (Maandag) in ‘n waterskeidingsaak vir mediavryheid geslaan.
Die regering en die direkteur van die Namibë Sentrale Intelligensiediens (NCIS), mnr. Philemon Malima, se muilband-aansoek teen die weekblad The Patriot om te verhoed dat geheime inligting oor eiendomstransaksies gepubliseer word, het misluk.
Regter Harald Geier het dié aansoek vanoggend in die hoërhof met koste van die hand gewys.
Die inligting wat die regering en die NCIS van die publiek wou verberg, het te doen met die aankoop van plase en ’n eiendom in Windhoek-Wes. Die twee plase, beide in die Otjozondjupastreek, is in 2015 vir onderskeidelik N$40 miljoen en N$17 miljoen gekoop vir die huis in Windhoek-Wes het die regering N$8,2 miljoen opgedok.
Mnr. Norman Tjombe het namens hierdie koerant aangevoer die inligting is anders as wat die Intelligensiediens en die regering geargumenteer het, nie geheime inligting soos deur die wet op dié instelling omskryf word nie. Die titelaktes is vrylik by die aktekantoor beskikbaar.
Verder is die vereniging van oudspioene wat na bewering die eiendomme vir die private gebruik van sy lede en hul families beskikbaar stel, nie deel van die NCIS nie en gevolglik nie onderhewig aan sy wetgewing nie.
Lees die volledige berig môre in Republikein.

Foto: Me. Hilda Basson Namundjebo, uitgewer van The Patriot, by dié koerant se redakteur, Mathias Haufiku.


Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!